kykNET Uitgawe 3 - 2016 | Page 9

die werklikheidsprogram Slank. Hierin word die gewigsverliespad gevolg van 13 alledaagse mense van verskillende ouderdomme en agtergronde en met uiteenlopende loopbane, maar almal met een ding in gemeen: Hulle word terug­ gehou deur hulle gewig. Elke episode volg een deelnemer deur die hele tydperk van drie tot vyf maande, en Leandie is by om hulle te motiveer en inspireer. Leandie het besluit om deel te word van die program omdat sy self baie gesondheidsbewus is en ook in haar motiveringspraatjies mense aanmoedig om na hulleself en hulle gesondheid om te sien. “Ek is mal oor die formaat van die program omdat die deelnemers nie met mekaar meeding nie. Elke epsiode gaan oor één persoon se journey en of daardie persoon sy teikengewig bereik het – en hoe. Jy is dus net in kompetisie met jouself en jou eie standaarde en ek love dit, want ons is almal anders en kan nie met mekaar vergelyk word nie. Ons het ander persoonlikhede, lewens en lywe, en daarom gaan almal ánders gewig verloor – op ander maniere en om ander redes. Dis die boodskap wat ek in my praatjie oordra: No one can beat you at being you. Dis wat die program ook sê: Wees die beste jy.” Leandie het self ’n baie gesonde en gebalanseerde verhouding met kos, maar soos die meeste van ons het sy ook al met haar gewig gesukkel. “Toe ek in gr. 10 was, het ek gelyktydig opgehou met ballet en atletiek, en toe skop my hormone boonop op dieselfde tyd in. Ek het net die heeltyd boeries in my mond gedruk en nooit besef dít wat jy inneem, Leandie op