kykNET Uitgawe 3 - 2016 | Page 8

Slank LEANDIE DU RANDT saam met LEANDIE Die trane het geloop toe Leandie du Randt onlangs die stel van Binnelanders groet, maar kykers sal verheug wees om te hoor sy is in Oktober terug as die aanbieder van die nuwe werklikheidsreeks Slank. Deur Bibi Slippers L eandie du Randt is ’n Suid-Afrikaanse superster: Sy’s ’n gesogte aktrise op TV en die silwerdoek, sy het byna 82 000 aanhangers op Instagram, en die aanvraag na haar motiveringspraatjie vir vroue en jong meisies neem haar tans kruis en dwars oor die land. Maar as jy met haar gesels, is dit haar dankbaarheid wat ’n mens eerste opval: Sy is dankbaar vir die liefde in haar lewe; dankbaar vir elke geleent­ heid, selfs wanneer dit met uitdagings kom; en diep dankbaar dat sy elke dag haar drome kan uitleef. Op 10 Junie, die aand toe haar karakter, Ivanka Gouws, die laaste keer op Binne­ landers verskyn het, kon ’n mens weer daardie dankbaarheid sien in ’n video wat Leandie op Facebook en Instagram gedeel het. Uit die kykers se reaksie op die video is dit duidelik hoe gewild en geliefd Ivanka se karakter en Leandie as aktrise is. Heelwat mense het skoon aan die huil gegaan omdat hulle van haar moes afskeid neem. Vir Leandie was die besluit om Binne­ landers vir eers te verlaat ’n moeilike een, maar sy moes dit doen om haarself uit te daag en haar grense te toets. “Dit is scary om weer die vryskutlewe te betree, maar ek is nou vir vier maande op toer met my motiveringspraatjie, en ek is bevoorreg om ’n wonderlike bestuurs- en toerspan te hê wat saam met my op die pad is en alles so goed reël. Ek geniet dit verskriklik baie en leer baie van ander mense én van myself so weg van die huis af.” KYKERS HOEF DAREM NIE mismoe­ dig te voel nie. Hoewel Vankies nou vir eers koers gekies het Brakpan toe, gaan Leandie darem binnekort weer terug wees op die kassie – dié slag as aanbieder van 8 kykNET | UITGAWE 3 | 2016