kykNET Uitgawe 3 - 2016 | Page 6

kykNET-GLANS Ons kuier ’n hond Innibos! Wanneer daar groot fees gehou word, moet jy maar weet kykNET is daar. By vanjaar se Innibos was kykNET se konsert een van die gewildstes op die fees en toe daar gerock is, het hulle saam gerock. Bo Van die manne van Getroud met Rugby het saam kom kuier. Van links is David Louw, Werner Coetzer, Vaughn Lucas en Sean van Noordwyk. ’n Pa en sy kleinding geniet kykNET se konsert. Bo Die kitaarmeester Dan Patlansky in aksie by die rockkonsert. Die konsert was ’n eerste vir Innibos en het meer as 16 000 mense gelok. Links Dr Victor en sy Rasta Rebels het mense op hulle stoele laat dans gedurende die kykNET-konsert. Onder Francois van Coke was een van die treffers by die rockkonsert. Links Kobus de Kock, hoofsanger van die groep Black Cat Bones, het behoorlik laat waai by die rockkonsert. 6 kykNET | UITGAWE 3 | 2016