kykNET Uitgawe 3 - 2016 | Page 44

JACK PAROW vat die langpad OP ’N HARLEY Droom jy daarvan om die land plat te ry op ’n bike? Dis presies wat die kletsrymer Jack Parow saam met Hardus van Deventer gedoen het. Ons hoor wat die hoogtepunte was. Deur Herman Lategan A s jy teen dié tyd nog nie weet van Dis Hoe Ons Rol nie, dan was jy seker in Antarktika of, soos D.J. Opperman, vasgevang in een of ander vreemde koma uit ’n bamboesstok. Die rapper Jack Parow en sy ou vriend die TV-regisseur Hardus van Deventer het 30 dae lank ons wye en droewe land gaan verken. Op hulle Harley Davidson-motorfietse. Daar is onder meer crazy gesprekke met 44 kykNET | UITGAWE 3 | 2016 randeiers, besoeke aan eienaardige eenkantdorpies, kuiers in afgeleë kroegies waar mitologiese groen brommers in die agtergrond woer-woer, en Jack Parow se lewendige optredes. Ook ’n reksprong van ’n brug af wat jou laat voel jy blaas nou jou laaste asem uit. Belangrik: Só ’n eenmaal-in-ʼn leeftyd-ontdekkingsreis is groter as net ’n lang rit oor die landskappe van nege provinsies wat op kamera vasgevang is; dis ook ’n innerlike avontuur. Dit gee ’n stem aan iets uit ons oertyd, toe ons ter wille van oorlewing van plek tot plek moes swerf. Dit wek weer die antieke mens en sy verlangens in ons op, ons raak nuuskierig, ons horisonne verbreed. Die klank van brullende motorfiet­se op die langpad word soos ritmiese en hipnotiese hartsmusiek. Omdat die ysterperde so ’n belangrike rol speel in hierdie produksie, amper soos ekstra karakters, het ons besluit om Jack Parow s’n van nader te bekyk.