kykNET Uitgawe 3 - 2016 | Page 43

M in slaap, baie dae weg van die huis af, fyn beplanning... Dís wat nodig is om kykNET by al die feeste en geleenthede te kry. Aan die stuur van sake namens kykNET is Cherize van Wyk, die kanaal se geleentheidsbeplanner. Sy vertel meer. By hoeveel geleenthede is kykNET jaarliks betrokke? Dit verskil elke jaar, maar ons is gewoonlik by 5060 geleenthede – en dis ’n kombinasie van feeste reg oor die land, kykNET se eie geleenthede (soos die Fiëstas, die Silwerskermfees, die Ghoema-toekennings en premières van flieks waarby ons betrokke is) en funksies wat die kanaal ondersteun. Wat is die grootste geleenthede? Ons eie geleenthede – die Fiëstas, Ghoemas en Silwerskermfees – en dan ook die groot feeste waarby ons al jare betrokke is, soos die KKNK, Innibos en die US Woordfees. Dis moeilik om te sê een geleentheid is groter as ’n ander, want elkeen het dieselfde aandag nodig, en elke fees, groot of klein, is vir ons ewe belangrik. Hoeveel mense van kykNET woon dié geleenthede by? Ons maak seker dat daar minstens een verteenwoordiger by elke geleentheid is is. Ek kan met trots sê ons span hou die #feesgees aan die lewe, want die #feeskatte is lief vir fees hou. Watter beplanning is nodig vir elke funk­ sie? Natuurlik het elke geleentheid sy uitda­gings – groot of KOM SOEK ONS HIER! In Augustus, September en Oktober gaan ons hier wees. Oppikoppi Northam, Noordwes 5-7 Augustus Silwerskermfees The Bay-hotel, Kampsbaai 24-27 Augustus Gariepfees Kimberley 1-4 September Kamers Vol Geskenke The Galleria, Kramer­ ville, Johannesburg 28 September2 Oktober kykNETbuitelugekspo Mbizi-wildslodge, Bela-Bela 30 September2 Oktober Oorkant, kloksgewys van bo Anél Alexander en Jacques Bes­sen­ger was verlede jaar by die Silwerskermfees met die rolprent Sink; Cherize van Wyk, geleent­heidsbeplanner by kykNET, en haar vriend, Clemond Dartnall; Sue Pyler en Eloise Cupido by die Fiëstas; Beer Adriaanse, Bibi Slippers en Pietie Beyers by die Silwerskermfees in Kampsbaai. klein. Die beplanning verskil, maar om elk­een seepglad te laat loop maak ons seker die vooraf­beplanning is goed. Die laaste ding wat ons wil doen, is om die dag van die geleent­ heid die heeltyd rond te hardloop en vure dood te slaan. ’n Goeie kennis van jou mark, plus vars en nuwe idees, is deel van die geheim. Ook om seker te maak elke geleentheid het sy eie spesiale geur. Wat geniet jy die meeste van kykNET se geleenthede? Ek sê altyd by elke liewe geleentheid is daar daardie twéé sekondes wat alles die moei­ te werd maak – dit maak nie saak hoe jou voete pyn of hoe jou oë wil toeval omdat jy gisteraand net twee uur geslaap het nie. Daardie oomblik kom gewoonlik wanneer jy stilstaan en alles om jou draai, maar dan vries die horlosie en jy besef alles is mooi en perfek. Is daar enige nadele? Vir my is die enigste nadeel dat ek baie weg is van die huis af – elke keer as ek terugkom, kry my vetplantjies swaar, en al wat ek in my yskas het, is olywe, gemufte kaas en ’n halwe bottel wyn. Én my oogroomverbruik skiet die hoogte in weens die min slaap! Op ’n ernstiger noot: Die enigste nadeel is dat ons nie méér kan doen nie. Elke jaar is daar ’n hele klomp nuwe geleenthede, wat wonderlik is, maar ongelukkig kan ons nie oral wees nie. Hoe lank beplan julle aan elke jaar se kalender? Ons beplan ’n maand lank aan die jaar se beplanning, maar ongelukkig kan ons nie aan die begin van die jaar alles vasmaak nie omdat ons weekliks nog versoeke kry om by geleenthede betrokke te wees. Ons kalender word dus maandeliks bygewerk met opwindende nuwe projekte. 43 2016 | UITGAWE 3 | kykNET