kykNET Uitgawe 3 - 2016 | Page 41

WAT, WAAR, WANNEER? graad aan die Filmskool van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie behaal het. Hy is bekend vir sy rol as skrywer en regisseur van Karate Kallie. Spoor(loos) As ons maar net kon verdwyn. Marisa Drummond is ’n bekende televisie-, film- en teateraktrise en is die regisseur van Spoor(loos). Die skrywer van die kortfilm is die bekroonde skrywer Jannes Erasmus wat sy kortfilmdebuut maak. Oom Nadat oom Johan Booysens ’n jong man langs die pad oppik, besef hy hoe gevaarlik die pad kan wees as ’n mens nie jou geselskap ken nie. Die regisseur en skrywer van Oom is P.J. Kotze, ’n Johannesburgse filmmaker met ’n liefde vir plattelandse stories, kleindorpse karakters en avontuur. Nadat hy vyf jaar klasgegee het in film, is hy tans voltyds toegewy om sy ondervindings as ’n Suid-Afrikaner te probeer interpreteer en uit te leef deur film. Hum Thomas hoor die verlammende hum-klank al só lank dat hy skaars kan onthou wanneer dinge vir hom begin skeef loop het. Met die hulp van sy psigiater, dr. Swart, begin hy sy verlede ontleed sodat hy vir Jana, die liefde van sy lewe, kan terug­ wen... ondanks die gedreun en die gevoel dat hy dopgehou word. Die Kapenaar Willem Grobler is die skrywer en regisseur van Hum. Sy bekroonde kortilm The Great Gatsby: Redemption was vanjaar by die Durbanse Internasionale Filmfees te sien. Die Muse ’n Naïewe jong verpleegster word as oppasser aangestel om na ’n briljante dog moeilike skrywer met Aspergersindroom om te sien. Maar as ’n skrywer sukkel om leuens te vertel, hoe moet hy stories opmaak? In 2014 ontvang Frannie van der Walt, skrywer en regisseur van Die Muse, ’n B.-graad in visuele kommunikasie met rolprent- en TV-draaiboekskryf as hoofvak by The Open Window Institute in Pretoria, gevolg deur ’n honneursgraad in 2015 by AFDA in Kaapstad. Plankekoors Daar’s ’n fyn lyn tussen opwinding en vrees. Dis net woorde. Jy’t ’n keuse: Veg of vlug... Nini Conradie is die regisseur. Sy het haar honneursgraad in drama en teaterstudie aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Sedertdien fokus sy op verskillende gebiede van produksie. Die skrywer van Plankekoors is Ludwig Binge, wat in 2014 sy meestersgraad in drama en teaterstudie aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf het. Hy is ’n vryskutakteur. Die Biker ’n Motorfietsryer kies die ooppad as ontvlugting. Het hy die regte afdraaipad gekies? Geoffrey Butler en Lisba Vosloo is die regisseurs van Die Biker. Geoffrey is ’n vryskutregisseur en -redigeerder van verskeie televisieprogramme en advertensies. Lisba is ’n bekroonde dokumentêrefilmmaker, regisseur en redigeerder wat Die fees word van 24 tot 27 Augustus by The Bayhotel in Kampsbaai, Kaapstad, gehou. Op die laaste aand kry die gesogte trofeë baas. Vir meer inligting gaan na: kyknet.tv Silwerskermfees @silwerskermfees #silwerskermfees2016 @silwerskermfees2016 Bo Marcel van Heerden en Catharina Weinek was wenners by verlede jaar se Silwerskermfees vir die kortfliek Vryslag. Oorkant Die span van KonnekSIES het verlede jaar met die toekenning weggestap as die gehoor se gunsteling. al op verskeie programme gewerk het wat strek van opera tot oorlog. Die redigering van die teks is deur die Kaapse skrywer Henry Cloete. Beloofde Land Lodewyk Mouton is die naïewe heerser van die diktatorskap Anskroepolis. Wanneer ’n groep sosialistiese rebelle by sy herehuis opdaag en dreig om hom te onttroon, word Lood gekonfronteer met die werklikheid van sy borrelbestaan en die ellende van sy volk. Mia Cilliers is ’n skrywer en regisseur van Kaapstad met ’n agtergrond in dokumentêre flieks, webreekse en werklik­ heids­televisie. Sy is die skrywer en regis­seur van Beloofde Land. kykNET het vanjaar ’n sestiende projek geïdentifiseer wat baie potensiaal toon. Die skrywer daarvan gaan onder leiding van kykNET se opdraggewende vervaardigers die draaiboek ontwikkel en dit sal by volgende jaar se kortfilmprojek ingesluit word. 2016 | UITGAWE 3 | kykNET 41