kykNET Uitgawe 3 - 2016 | Page 40

SILWERSKERMFEES

15

Hier ’ s vanjaar se

Die Afrikaanse rolprentbedryf is blakend gesond – daarvan getuig die 15 kortfilms wat vanjaar by die sesde kykNET-Silwerskermfees meeding .
40

Koue Voete

Moenie ’ n misdadiger op sy skoene takseer nie ...
Lara Lourens , skrywer en regisseur van dié fliek , het aan die Performing Arts Lifestyle Institute in Pretoria gestudeer . Dit is haar eerste professionele kortfilm as skrywer , regisseur en vervaardiger .

Die Bok

’ n Verbitterde swanger vrou veg om haar roostuin teen ’ n bok te beskerm terwyl haar huwelik verbrokkel .
Philip van Zyl is die regisseur en skrywer – dié Pretorianer het ’ n liefde vir Suid- Afri kaanse stories met ’ n menslike tema . Onder sy gunsteling-filmmakers tel Paul Thomas Anderson en Martin Scorsese .

Onthou

Wanneer ’ n jong hippie aansoek doen as verpleër by ’ n bejaarde vrou , is daar van die eerste gesprek af al spanning . Dan word hulle vriende ...
Die regisseur is die bekroonde aktrise Susan Coetzer , en die skrywer Elanie
Rupping , wat haar deurbraak as skrywer met die tweede seisoen van die kyk- NET-jeugdrama Sterlopers gemaak het .

Vlees van My Vlees

Vyftien jaar ná ’ n grusame motorongeluk vier ’ n joviale man en sy kwadruplegiese vrou hulle twintigste huweliksherdenking . Ondanks die onbaatsugtige liefde noop die frustrasies van haar gestremdheid hulle om die waarheid van hulle gebroke verhouding vierkant in die oë te kyk .
Die regisseur en skrywer is Matthys Boshoff . Hy het ervaring as skrywer vir televisiedramas én hy was al regisseur vir plaaslike en internasionale advertensies .

Arts

André red beseerde diere , maar sy verhouding met die plaaslike veearts neem ’ n donker wending wanneer sy ma begin inmeng .
P . G . de Jonge is die regisseur en skrywer . Hy het halfpad deur ’ n joernalistiekgraad besef hy hou meer van fiksie . Nou maak hy flieks en laat die nuus oor aan ander .

Merk . Sny . Stoor .

Wanneer ’ n geestesiek man se traumatiese verlede sy hede beïnvloed , word ’ n vreemdeling die slagoffer van sy eie trauma .
Ricardo Liut , die regisseur en skrywer van hierdie kortfilm , is ’ n dosent in multimedia en grafiese ontwerp aan die Universiteit van Noordwes .

En die Wiele van die Bus Gaan Om en Om

Die slapgat busbestuurder Freddie Venter vervoer tien pasiënte van die een inrigting vir geestesiekes na ’ n ander ... en dan verloor hy sy vrag .
Die regisseur en Safta-wenner Pieter Grobbelaar smokkel al jare met ons hart en kop met sy verhoogstukke , operas , TV-reekse en flieks . Die skrywer van die kortfilm is Marina Bekker .

Kolskoot

Fanus Niemand ís toe iemand …
Die skrywer en regisseur is Wimpie van der Merwe ( 33 ) wat in 2006 sy B . -Tech . -
kykNET | UITGAWE 3 | 2016