kykNET Uitgawe 3 - 2016 | Page 39

“Erfenisdag is vir my ’n dag van kollektiewe herdenking. ’n Dag waarop ons kan saam wees, saam ervaar en saam vier. Dis ’n viering van wie en wat ons is, wat ons glo, wat ons eet, wat ons bid en wat ons onthou. Dis een van daardie seldsame dae waar ons kan hulde bring aan dié wat voor ons gekom en ons kultuur help vorm het. Vir my is dit ook ’n dag van leer – oor ander tradisies, gelowe, perspektiewe, kulture en gewoontes.” – Germandt Geldenhuys, Louis in Binnelanders Erfenisdag “Vra my weer wat ek van Erfenisdag dink wanneer die vlamme van rassehaat gaan lê het. My teer hart is tans effe vuisvoos, want ek weet hoe wonderlik dit is wanneer ons mekaar se herkoms kan vier. Die hoop beskaam nie.” “’n Dag waarop Suid-Afrikaners mekaar in hulle verskille vind. Wanneer andersheid brûe bou eerder as vervreem. ’n Feesviering van uniekheid. ’n Unifikasie van menswees. Kan elke dag nie maar so wees nie?” – Eloise Cupido, Ontbytsake-aanbieder Dis ’n dag van samesyn waarop ons as Suid-Afrikaners trots moet voel oor wat ons as ’n nasie bereik het. Dit was nie ’n maklike pad tot hier nie, maar ons is almal lief vir ons land, en daardie liefde moet ons ook vir mekaar voel.” – Pietie Beyers, – Cedwyn Joel, Deon Visser in Binnelanders A.B. Samsodien in Suidooster “Vir my is Erfenisdag ’n dag om bly te wees oor hoe ver ons al gekom het; hoe dít wat ons tot hier gebring het – met al die tandekryprobleme saam – nou al een lekker chakalaka-boerewors-hutspot van Suid-Afrikanerwees geraak het.” – Renette Vosloo, Ontbytsake-aanbieder “Erfenisdag is vir my ’n dag om terug te dink aan my familie se geskiedenis en aan ons land se geskiedenis. Dit is ’n dag om as Suid-Afrikaners mekaar se erfenis en kultuur te leer ken. Ons het elf amptelike tale en oorgenoeg kulture om van te leer. Wend ’n poging aan om op hierdie dag iets nuuts te leer terwyl jy om daai braai­ vleisvuur kuier.” – Néna Butler, Wilmien Deysel in Binnelanders 2016 | UITGAWE 3 | kykNET 39