kykNET Uitgawe 3 - 2016 | Page 35

Sjokolade-en-aarbei-crêpekoek (maak 1 groot koek) Jy benodig VIR DIE KONFYTSOUS • 420 g bevrore bessies • ½ koppie (125 ml) suiker • ½ koppie (125 ml) water • ’n skeut suurlemoensap VIR DIE CRÊPE-SJOKOLADEKOEK • 2/3 koppie (160 ml) gesmelte botter • 12 eiers • 4 koppies (1 liter) melk • 1 koppie (250 ml) water • 1 teelepel (5 ml) vanielje-ekstrak •¼  koppie (60 ml) plus 2 eetlepels (30 ml) suiker • 2½ koppies (625 ml) koekmeel • 2/3 koppie (160 ml) donker kakao VIR DIE VULSEL • 2 koppies (500 ml) dubbeldik of slagroom • 1 teelepel (5 ml) vanielje-ekstrak • ½ koppie (125 ml) strooisuiker • 225 g mascarpone- of roomkaas teen kamertemperatuur • 2 koppies (500 ml) vars of bevrore bessies VIR DIE AFRONDING • vars of bevrore aarbeie of bessies vir versiering • sjokoladeversierings • 1 koppie (250 ml) versiersuiker, gesif Só maak jy 1 Maak die konfytsous: Sit al die bestanddele in ’n kastrol op die stoof en laat dit teen ’n hoë temperatuur kook. Skep heeltyd die boonste skuimlaag af. Voeg teen die einde die suurlemoensap by en laat die sous afkoel. 2 Maak die crêpe-sjokoladekoek: Dis belangrik om al die bestanddele vir die koek teen kampertemperatuur gereed te hê – dit keer dat die mengsel klonte vorm. Smelt die botter en laat dit eenkant afkoel. Klits die eiers, melk en water met ’n handklitser saam en voeg dan die botter by asook die vanielje en suiker. Sif die meel en kakao bietjies-bietjies by die mengsel en klits dit totdat daar geen klonte meer is nie. Laat dit vir 10-30 mi­ nute staan tot alle borrels verdwyn. 3 Verhit ’n kleefvrye pannekoekpan oor matige hitte. Gooi ’n ¼ koppie van die beslag in die pan en kantel dit om die beslag eweredig in die pan te versprei. Draai die crêpe ná ’n minuut om en bak dit vir 30 sekondes. Herhaal tot die beslag op is, en stapel die crêpes in 3-4 stapels sodat hulle vinniger kan afkoel. 4 Maak die vulsel: Klits die room, vaniel­ je en strooisuiker in ’n elektriese menger saam tot dit sagte punte vorm. Voeg die sagte mascarpone by en klits dit tot daar geen klonte meer is nie. Vou die bessies versigtig met ’n spatel in. 5 Bou die koek: Sit een crêpe op ’n koekbord neer, smeer van die vulsel oor en sit nog ’n crêpe bo-op. Herhaal die proses met die res van die crêpes en vulsel – en smeer op elke vyfde laag van die konfytsous. Rond die koek af met vars vrugte en sjokoladeversierings soos verkies. Sif laastens versiersuiker oor. Mariebeskuitjiesjokoladevierkante (maak sowat 24 groot blokkies) Jy benodig • 250 g gesoute botter • 500 g versiersuiker • ½ koppie (125 ml) goeie kakao • 1 eier, liggies geklits • 1 pakkie Mariebeskuitjies, in stukkies gebreek • ½ koppie (125 ml) klapper • ’n hand vol pekanneute (opsioneel) Só maak jy 1 Smelt die botter in ’n pot, haal dit van die hitte af en roer die versiersuiker en kakao daarby in. Meng dit tot die mengsel gesmelt en glad is. Roer die eier by en meng dit tot glad. 2 Voeg die Mariebeskuitjies, klapper en neute by (indien jy dit gebruik) en roer die mengsel tot alles mooi deurgemeng is. Giet die mengsel in ’n gesmeerde bakplaat en maak dit met die agterkant van ’n lepel plat. 3 Sit die pan in die yskas om heeltemal af te koel en sny die koek dan in ewe groot blokkies. Die resep kom oorspronklik uit Huisgenoot Wenresepte, maar is met Corli se eie keuse van bestanddele aangepas. 35 Bron: Tatayanas Everyday Food 2016 | UITGAWE 3 | kykNET