kykNET Uitgawe 3 - 2016 | Page 34

En die wenner is... Corli Ná ’n naelbytstryd en ’n gebak en brou in die Koekedoor-kombuis is Corli Botha as die wenner van die tweede reeks van dié gewilde werklikheidsreeks aangewys. Sy deel drie van haar wenresepte met ons. Swart-en-wit kolwyntjies (maak 24 kolwyntjies) Jy benodig • 250 g botter teen kamertemperatuur • 450 ml strooisuiker • 5 groot eiers, geskei • 1 koppie (250 ml) ongegeurde dubbeldik jogurt • 700 ml bruismeel • ½ teelepel (2,5 ml) sout • 1 teelepel (5 ml) bakpoeier VIR DIE ITALIAANSE MERINGUE • 400 g strooisuiker • ¼ koppie (60 ml) water • 4 eierwitte • ½ koppie (125 ml) versiersuiker VIR DIE VERSIERING • fondant 34 Só maak jy 1 Maak die kolwyntjies: Klop die botter tot dit sag en romerig is. Voeg die strooisuiker bietjies-bietjies by. Klits die eiergele in ’n bakkie en voeg dit by die bottermengsel. Voeg die jogurt by kykNET | UITGAWE 3 | 2016 en meng alles deur tot goed gemeng. 2 Sif die bruismeel, sout en bakpoeier twee keer saam en voeg dan die meelmengsel by die bottermengsel. Meng dit goed, maar nie te veel nie. 3 Klits die eierwitte styf. Meng ’n kwart van die eierwit deur die beslag om dit losser te kry en vou dan die res met ’n metaallepel in. Gooi die beslag in individuele kolwyntjiehouers sodat die houers omtrent driekwart vol is. 4 Maak die meringue: Gooi die suiker en water in ’n kastrol en verhit dit tot die suiker smelt – doop ’n kwassie in water en vee enige suikerkristalle teen die kant van die kastrol af. Laat die meng­sel kook tot dit 115 ºC op ’n suikertermo­meter bereik. 5 Klits die eierwitte styf en giet die suikerstroop stadig daarby in terwyl jy dit teen ’n hoë spoed klits – klits dit tot die mengsel afgekoel het. Voeg die versier­suiker by en klits dit tot alles goed deurgemeng is. 6 Gebruik swart jel-koskleursel, te kry by goeie bakwinkels, en verf met ’n kwassie ’n streep aan die binne­kant van ’n spuitsak. Skep die meringuemengsel in die spuitsak en ver­ sier die kolwyntjies daarmee. 7 Gebruik die fondant om verskillende musieknote en klavierklawers te maak. Pak dit op die kolwyntjies en versier dit met eetbare blinkertjies.