kykNET Uitgawe 3 - 2016 | Page 32

REPUBLIEK TOE Welkom in... Zoid Afrika! ’n Uitnodiging om ’n gehoorlid te wees by ’n opname van Die Republiek van Zoid Afrika is soos om genooi te word om in Buckingham Paleis te gaan tee drink. By die kwien haarselwers... Deur Ilza Roggeband A 32 lles is baie geheimsinnig, die sekerheidsmaatreëls streng. (Goed, jy sien darem nie mans met wit hemde, oorstukke en wapens nie...) Jy is daar omdat jy net eenvoudig daar móét wees. ’n Uitnodiging is so skaars soos hoendertande. Die uitgesoekte groepie mense, nie eens 60 van hulle nie, staan buite en wag geduldig. Die ateljee is digby die N2-snelweg in Kaapstad en in die verte is ’n stuk van Tafelberg sigbaar. “Is daar iemand wat toilet toe wil gaan?” vra een man. “Julle moet nou gaan, want as die opname begin, mag niemand uitgaan nie.” ’n Paar mense gaan loop ’n draai. Dan roep hulle ons: Dis tyd om in te gaan. Die ateljee is onmiskenbaar Die Repu­ bliek van Zoid Afrika. Die retro-meubels, die Tretchikoff-kussings, die klankversterkers wat opgestapel staan. Daar is kameras en ligte, ’n klankman maak kykNET | UITGAWE 3 | 2016 ’n laaste paar verstellings. Op die verhoog staan die orkes gereed. Ek en my 13-jarige seun, Zac, sit in die tweede ry van voor. “Dit lyk so klein,” sê hy. Ja, soos iemand se sitkamer, dink ek. Dis nou as jou sitkamer ’n verhoog met ’n band het. Die vloerbestuurder, Hugo Theart, sê watter van die gehoorlede waar moet sit. TREFFERSPARADE Van die grootste treffers wat die reeks al opgelewer het, is “Sonvanger” saam met Valiant Swart, “Weeping” (Vusi Mahlasela), “Ek Lewe” (Anneli van Rooyen), “Groen Trui” (Jan Blohm), “Cooler as Ekke” (Jack Parow), “Hillbrow” (Bobby van Jaarsveld), “African Dream” (Vicky Sampson) en “Dis ’n Land” (Snotkop). As almal sit, begin hy praat, verduidelik dat hierdie ’n opname is en die mikrofone elke geluid optel. Hy laat ons klap en jil vir ’n opname, wys wanneer ons harder en sagter moet klap. Wanneer hy sy hande laat sak, moet ons ophou raas. Hy lees ons die leviete voor: Moet asseblief nie uitpraat nie. Nog in geen reeks – en hierdie is die vierde een – het iemand uitgepraat oor wat op die program gebeur of wie die gaste is nie. Laat ons asseblief nie die eerste gehoor wees wat nié ’n geheim kan hou nie. Ek maak groot oë vir Zac. Hy knik sy kop. Hy verstaan. Vanaand is ’n baie spesiale program, sê Hugo. Dit gaan teen die einde van die jaar rondom Kersfees uitgesaai word. Almal is reg. ’n Man met ’n klapbord gaan staan voor die kameras. Klap! Aksie! Ons begin hande klap en jil. Die orkes begin speel en van agter ’n fluweelgordyn kom sy uitgestap – Karen Zoid, president van haar eie Republiek van Zoid Afrika.