kykNET Uitgawe 3 - 2016 | Page 30

BUN BOOYENS Nuwe bloed by MEGABOERE Die eerste twee reekse van Megaboere was een van die gewildste programme op die kassie. Vir die derde reeks skuif die oud-tydskrif- en -koerantredakteur Bun Booyens voor die kamera in. Hy vertel meer oor homself. S y CV is indrukwekkend: Drie grade – die laaste ’n M.Phil. in joernalistiek wat hy cum laude verwerf het – ’n jaar in Antarkti­ka, stigterredakteur van die reistydskrif Weg, en twee toekennings in 2006 as Redakteur van die Jaar. Vertel ons van jou kinderdae en skoolen universiteitsjare. Ek is op Oudtshoorn gebore, maar van­dat ek my verstand het, het ons op Stel­ lenbosch gewoon. My pa was ’n geskie­ de­nis­professor, en toe ek vyf jaar oud was, het hy ook koshuisvader geword by een van die studentekoshuise. Dit was waarskynlik dié voorreg van my lewe, want daar was altyd iets aan die gang. Skool was lekker en ek was met alles iewers in die bondel. Vandag