kykNET Uitgawe 3 - 2016 | Page 3

kykNET vir kykNET Hoof van Afrikaanse kanale, M-Net Karen Meiring Media-en-reklamebestuurder, kykNET Maryke Allers kyknet.co.za Kontak kykNET 011 686 6000 [email protected] @kykNETtv kykNET kykNETtv Vir In Context Uitgewer Marí Lategan Besturende redakteur Melanie Fortuin-Durr Redaksionele inhoud Ilza Roggeband Produksie en teksversorging Peter van Noord Johan van Zyl Kunshoof Monique Mouissie Medewerkers Bibi Slippers Erns Grundling Haidee Muller Herman Lategan Stephanie Nieuwoudt Deon Maas John-Henry Opperman Foto’s verskaf deur kykNET, tensy anders vermeld 3 kykNET | UITGAWE 3 | 2016 kykNET so ’n Tempo-oes! V erskeie kykNET-program­ me het onlangs met die louere weggestap by die jaarlikse Tempo-toeken­ nings – in al die kategorieē. Baie geluk aan die genomineerdes én wenners. Ons weet hoe hard almal werk en is trots op julle! En baie dankie aan al ons getroue kykers wat gestem het, want sonder julle is ons nie wenners nie. Die kykNET-skedule bars uit sy nate van opwinding en goeie vermaak: Sedert Julie het ons begin met ’n vierde episode per week van ons eg Wes-Kaapse vervolgverhaal, Suidooster; en dan is daar ’n splinternuwe dramareeks, Die Byl, asook Varsity Sing, ’n uitklopkompetisie waaraan 12 plaaslike universiteits­ kore deelneem. Van 24 tot 27 Augustus is dit tyd vir die die sewende Silwerskermfees in Kampsbaai. En dan vier ons vanjaar ’n 100 jaar van die Suid-Afrikaanse filmbedryf. ‘Danksy die ongelooflike gewildheid van Boer Soek ’n Vrou is ons nou al in ons negende seisoen.’ In Oktober kan ons uitsien na die terugkeer van talle geliefde program­ me en kunstenaars: Daar’s Nataniël in Edik van Nantes 2, Karen Zoid met Republiek van Zoid Afrika en Emo Adams se Jou Show. Danksy die ongelooflike gewildheid van Boer Soek ’n Vrou is ons nou al in ons negende seisoen, dié slag met ’n nuwe aanbieder, Minki Van Westhuizen, wat beloof om ’n paar boere (en kykers) se voete onder hulle uit te slaan! Megaboere is terug, met ’n nuwe aanbieder: Bun Booyens, voormalige redakteur van Die Burger, maak sy debuut op televisie in dié megareeks waarin ons die suksesverhale van ons voorste boere met almal deel. Die kykNET-familie van kanale wil altyd wees waar ons kykers is: Kom ondersteun saam met ons die nuwe Aardklop-kunstefees van 4-9 Oktober met onder meer ’n regstreekse uitsending van Toks en Tjops op Vrydagaand 6 Oktober vanaf die kykNET-verhoog op Die Bult. In die volgende paar uitgawes stel ons graag lede van die toegewyde kykNET-span aan ons kykers en lesers bekend. Dis die mense wat sorg dat kykers daagliks 7 uur se nuutgeskepte inhoud kan ervaar. Kyk dit en geniet dit. Karen en die kykNET-span 2016 | UITGAWE 3 | kykNET 3