kykNET Uitgawe 3 - 2016 | Page 25

“Moenie teruggehou word omdat jy nie geld het nie. Jy moet bly glo, harder werk en bid.” DIE JONGER JILL was ’n regte drama queen. “Altyd met ’n bag met tissues daarin rondgeloop. Op twee toe sing ek ‘Happy Birthday’ vir myself.” Sing dié kan sy. Haar pa, Joey, ’n bouer, was donkiejare terug lid van die groep The Dynamics, dis dié dat die musiek so woes deur haar are bruis. Haar ouers is harde werkers, vertel sy. “My pa het altyd ’n ekstra joppie gehad, en my ma ook – sy is jare al ’n tea lady by ’n skeepsmaatskappy. Geld was daar nie, maar hulle was by elke skoolvergadering, elke konsert. Vandag is hulle steeds steunpilare vir my en my sus, Caryn (34).” Op sesjarige ouderdom het sy “When You Come to the End of a Lollypop” by die Kensington-burgersentrum gesing en daar smelt die verhoog toe vas aan haar hart. By Rhodes High was sy prefek vir die kulturele komitee, swemkaptein én sy’t ’n talentkompetisie gewen. Ná skool het sy gereis. Eers was sy dertien maande lank ’n au pair in Amerika, toe gaan verken sy die VerreOoste twee maande lank, en daarna woon sy drie jaar in Duits­ land waar sy ook au pair was, deel van ’n kunstenaarskolonie in München was en, vir ’n ekstra geldjie, huise skoongemaak het. “Dit was nog altyd vir my belangrik om meer oor ander kulture te leer. Dit het my lewensuitkyk verander. Jy is net van jouself en God afhanklik; jy moet sterk bene hê.” Terug in Suid-Afrika is sy na die Universiteit van Kaapstad se dramaskool en daar het sy op die dekaan se merietelys klaargemaak. In 2007 is sy Korea toe, waar sy ’n tyd lank gewoon het. Ná haar terugkeer was sy nie gereed om haarself weer hart en siel in die toneelwêreld te begewe nie. “Tot op ’n dag. Ek het advertensieverkope gedoen en gesoek na ’n teken of ek moet terug. Ek het gebid en God gevra vir daai teken. Die eerste oproep die volgende dag was van die Oude Liber­tas-teater, en die vrou het ja gesê vir ’n advertensie – dít nadat ek ’n maand lank geen verkope gehad het nie. “Dit teken... ’n ja van ’n teatermaatskappy. Ek het bedank, oproepe begin maak en tussendeur Engelsklasse van my huis af aangebied. Ek het twee Argentynse kliënte gehad teen R300 per sessie, een of twee keer per week. Daai geld het my gedra. Om die Jill Levenberg en Cedwyn Joel, wat die rol van haar man, A.B. Samsodien, speel, in ’n toneel in Suidooster. pot aan kook te hou het ek en ’n kitaarman gigs begin doen, R200 vir die aand.” ’n Ruk later kry sy die rol van ’n advokaat op die TV-program Final Verdict. “Iemand het my aanbeveel – sonder ’n oudisie kry ek dit toe.” Die klippekouery het nie opgehou nie, maar dinge het begin gebeur. “Ek en ’n paar pêlle het die stuk Nancy geskryf. Kunstekaap het dit aanvaar; daar was twee sei­soe­ne. Ons was ook by Grahamstad.” Later was daar ook ’n hele rits flieks, soos Fluit-Fluit, Bekkies Gevind, As Ek Huis Toe Kom. Abraham van Jans Rautenbach was ’n hoogtepunt. “Om Beaulah te speel, ’n vrou wat nog leef – én om haar te ontmoet – was wonderlik.” Toe volg ’n rol in Kramer se Bloodbrothers en daarna Orpheus in Africa. “Ek wou nog altyd saam met David Kramer werk. Eers het ek nie die rol gekry vir Bloodbrothers nie, maar David het ‘Om iets terug te ploeg in die gemeenskap is heel boaan my lysie. Onthou altyd: Ons woorde dra krag.’ ’n ruk later gebel en ek het drie maande lank Mrs Lyons gespeel.” En nou is sy Mymoena. “Die anties keer my voor op straat en vra vir samoesas. Ek kan nie eens samoesas maak nie, maar wel lekker slaai en kerrie.” Haar hond, Stoney, is vir haar ’n groot seën. “Toe ek hom kry, was ek nie op ’n goeie plek nie. Maar ek het weer iets gehad om voor op te staan. Saans het ons op die veld naby my blyplek begin draf, en ek het beter gevoel. Stoney was my redding. Ek moes myself regruk sodat ek na hom kon omsien,” vertel sy oor die swart brak met die kollebors en een wit poot. In 2008 het sy haar depressiemedisyne gestaak, ná vier maande. “Stoney is ’n engel. God het hom vir my gestuur.” In haar vrye tyd bied sy dramaklasse aan by die Hoërskool Kensington. “Om iets terug te ploeg in die gemeenskap is heel boaan my lysie. Onthou altyd: Ons woorde dra krag – dit kan ’n kind maak of breek. Dink voor jy net mond uitspoel.” JILL HET NOG VELE DROME – soos om ’n Afrikaanse CD te maak. “In Abraham het ek saam met Riku Lätti gewerk, en nou brand ek om in Afrikaans te sing.” Sy wil ook regie te doen, sy wil Thailand toe gaan, sy wil haar digkuns in boekvorm uitgee en sy wil ’n eenvroustuk doen. “En ek wil nog trou en kinders hê, maar Vader Krismis moet die man seker nog bring.” Een ding is seker: Selfs al speel sy in een van ons gewildste sepies, dink sy regtig nie sy is kaas nie. “Gelukkig hoor ek altyd ek is nederig en vriendelik. Dankie tog.” Sy gooi weer kop agteroor, lag te lekker. Aansteeklik? O jaaaaa! Suidooster Maandae-Donderdae om 18:00 op kykNET, kanaal 144, en Maandae-Donderdae 18:00, 20:00 en 14:00 (herhaling) op kykNET&Kie, kanaal 145 Omnibus Vrydae om 17:00 en Sondae om 14:00 op kykNET&Kie, kanaal 145 2016 | UITGAWE 3 | kykNET 25