kykNET Uitgawe 3 - 2016 | Page 22

SCHALK BEZUIDENHOUT

Lag-lag volksbesit

Hy is 24 jaar oud en skaars ses maande voltyds in die bedryf , maar die komediant Schalk Bezuidenhout is iemand wat moeilik misgekyk word . Nou maak hy ook sy debuut as TV-akteur in Hotel , kykNET se nuwe komediereeks .
Deur Erns Grundling
22

Dit moet die krullebol , die snorretjie en die kleurryke truie so reg uit ’ n Hospice-winkel wees wat Schalk Bezuidenhout een van die mees herkenbare komediante in die land maak . Nie sedert Johan Stem met en sy onderbaadjies op Noot vir Noot het iemand in ons vermaakbedryf só moeiteloos die publiek se aandag getrek nie .

Tog maak Schalk nie net op sy uiterlike staat om opgang te maak nie . Hy is een van die hardwerkendste komediante in die land en tree soms tot ses aande per week op , by enigiets van komedieklubs tot korporatiewe funksies . En dis harde werk wat vrugte afwerp – daarvan getuig sy twee gesogte Comics Choice-toekennings en die feit dat Trevor Noah hom verlede jaar genooi het om vyf weke lank in sy voorprogram op te tree in die Teatro by Montecasino . Boonop was al vyf vertonings van Second Language , sy onlangse solodebuut in die Baxter-teater in Kaapstad , ’ n week voor die tyd al uitverkoop .
Nadat hy aanvanklik meestal in Engels gewerk het , het hy in 2015 met die Klein Karoo Nasionale Kunstefees die eerste keer ’ n solovertoning in sy moedertaal gegee . Schalk het die Kanna-paneel toe só beïndruk dat hy bekroon is met die gesogte Slurpie vir Beste Opkomende Kunstenaar by die fees .
“ Schalk laat my verstaan hoe ’ n nuwe geslag Afrikaanssprekendes dink . Hy ’ s nie bang om die heilige koeie skrik te maak – én te melk – nie ,” sê Deon Maas , wat Schalk by die KKNK gesien het .
Tot dusver was 2016 ’ n deurbraakjaar vir Schalk in Afrikaans . Behalwe vir sy Schalk Bezuidenhout Lewendig-vertoning by die Woordfees , KKNK en Innibos , tree hy deesdae as seremoniemeester op by al wat ’ n glansgeleentheid is : die ATKV- Mediaveertjies , die Huisgenoot-Tempo ’ s ,
later vanjaar die Pendorings ... Hy is drie seisoene al die aanbieder van Die Kliek op die DStv-kanaal Via , en van 11 Julie af is hy te sien in Hotel , ’ n splinternuwe reeks op kykNET deur die jong filmmakers Bennie Fourie ( Vuil Wasgoed ) en Stiaan Smith ( Sy Klink soos Lente ).
SCHALK , DIE ENIGSTE KIND van Schalk en Greta Bezuidenhout , het in Kempton Park grootgeword en het verlede jaar sy B . A . -graad met drama as hoofvak aan die Universiteit van Kaapstad verwerf .
‘ Ek dink humor is humor , maar daar is wel sekere grappies wat beter werk in ’ n spesifieke taal .’
“ My ouers het my nog altyd ondersteun ,” sê Schalk , wat op skool al uit ge - blink het in drama en redenaars kompetisies . “ Vandat ek 8 jaar oud was , het ek geweet ek wil niks anders as drama swot nie . Toe ek 16 was , het my ma ophou om my te probeer oortuig ek moet iets anders swot . Ek is dankbaar vir my ouers – ek weet van baie mense wat ’ n talent gehad het vir die kunste , maar hulle is nooit toegelaat om dit te studeer nie .”
Hy het op skool humor gebruik om boelies te laat les opsê , en in April 2011 as student begin met stand-up-komedie . “ Ek dink nie my ouers was aan die begin so mal oor die stand-up nie , miskien oor ek soms vloek , maar nou love hulle dit om in shows sit en te sien hoe mense vir my lag .”
Schalk beskou stand-up as ’ n kunsvorm wat dikwels onderskat word . “ Mense besef
nie watse kuns dit regtig is nie ,” sê hy . “ Ek dink jy moet ’ n funny bone hê – stand-up is die enigste kunsvorm waarvan ek weet waarvoor daar nie spesifiek tersiêre onderrig is nie . Jy kan hard werk en goeie mentors hê , maar eintlik kan jy dit nie leer doen nie . Jy het dit of jy het dit nie .”
Sy rolmodelle is die oorsese komedian te Louis CK en Bill Bur . “ Plaaslik bly Trevor Noah vir my ’ n groot inspirasie , want hy werk verskriklik hard , skryf soos ’ n masjien en het altyd nuwe materiaal . En natuurlik Casper de Vries – ek het met sy komedie grootgeword en hy bly vir my skreeusnaaks .” ( Schalk was in Mei vanjaar in ’ n volgepakte Atterbury-teater in Pretoria saam met Casper en Hannes Brümmer te sien in die vertoning 3-in-1 .)
“ Ek dink humor is humor , maar daar is wel sekere grappies wat beter werk in ’ n spesifieke taal ,” sê Schalk . “ Mense kan unieke inhoud in my Afrikaanse én Engelse vertonings verwag . Afrikaanse gehore raak soms effens styf as ek oor groter politieke issues praat , maar dis belangrik . Ek gee nie om as hulle ongemaklik raak nie .”
Hy dink nie ’ n komediant kan regtig te ver gaan nie . “ Sommige komediante , soos Jimmy Carr , bou hulle loopbaan op so ’ n manier dat dit hulle ’ n vrypas gee om te doen wat hulle wil . Vir my is daar wel sekere onderwerpe wat ek om persoonlike redes vermy , soos godsdiens .”
OOR HOTEL IS SCHALK baie opgewonde . “ Toe ek die eerste keer die draaiboek lees , het ek geweet dis iets wat ek moet doen , en daarom was ek baie bly toe ek die oudisie slaag en die rol kry . Ek dink Hotel is een van die snaaksste shows wat nóg in Afrikaans gemaak is . Dis ’ n mokumentêr , soortgelyk aan die oorsese reeks Parks and Recreation . Daar was al moku-
kykNET | UITGAWE 3 | 2016