kykNET Uitgawe 3 - 2016 | Page 17

kykNET-FLIEKS Noem My Skollie

Fliekgangers gaan vasgenael sit voor dié eg Suid-Afrikaanse – en ware – verhaal .

Vier tienerseuns – Gimba , Gif , Shorty en A . B . – woon op die Kaapse Vlakte en probeer hulle bes om die bendes van die gebied te vermy . Maar ná ’ n traumatiese ervaring vir A . B . besluit hulle om hulle eie bende te stig .

’ n Paar jaar later word A . B . ( Dann-Jacques Mouton ) en Gimba ( Gantane Kusch ) in hegtenis geneem en tronk toe gestuur . A . B . gebruik sy talent as storieverteller om die ander gevangenes te vermaak , en wanneer hy vrygelaat word , wil hy sy meisie , Jenny ( Tarryn Wyngaard ), met sy skryftalent beïndruk . Die res van die bende oortuig hom egter om ’ n laaste keer by hulle aan te sluit …
Die verhaal van Skollie is gegrond op die ware verhaal van die wêrelderkende plaaslike draaiboekskrywer John W . Fredericks , en die fliek speel in die jare sestig af .
“ Ek dink dit is altyd ’ n uitdaging om iemand te speel wat werklik bestaan ,” sê Dann-Jacques oor sy rol as Skollie . “ Wat dit wel makliker gemaak het , is die feit dat Boeta John ( Frede ricks ) daar was en ek meer inligting by hom kon kry . Hy het my gehelp om die landskap te verstaan en waar sy kop en gees destyds was .”
Dann-Jacques sê hierdie is bowenal ’ n verhaal van hoop . “ Wat hy alles gedoen het om bo uit te kom , sy hoop en drome om ’ n beter lewe te hê . En om in die liefde te glo . Sy fokus was altyd op Jenny , en die wonderlike ding van haar is dat sy oop was vir sy liefde .”
Die gangsters in die fliek is van die ou skool , sê Dann- Jacques . “ Hulle het nog met messe baklei , nie guns uitgeruk soos vandag nie . Omdat dit in die sestigs afspeel , dra dit na tuurlik ook baie by tot die gevoel van die fliek . Ek hou van die styl van daardie tyd .”
Wie dink hy sal die fliek geniet ? “ Enigiemand van tieners tot die ouer geslag ,” sê Dann-Jacques . “ Dis ’ n belangrike storie , veral dalk vir die bruin gemeenskap , maar vir ander gemeenskappe behoort dit ook baie inspirerend te wees . Dit wys dat dit nie saak maak hoe jy grootgeword het nie , jy kán sukses behaal . Enige mens kan bo hulle omstandighede uitstyg as hulle net wil . ’ n Mens moet net nooit moed opgee nie .”
Die klankbaan vir Noem My Skollie is gekomponeer deur die Kaapse musikant Kyle Shepherd . Van die spelers in die rolverdeling is Oscar Peterson , Abdu Adams , Peter Butler , Charlton George , Jill Levenberg , Denise Newman , Sandi Schultz , André Roothman , Paul du Toit en Irshaad Ally .
Jenny ( Tarryn Wyngaard ) en A . B . ( Dann-Jacques Mouton ) in ’ n toneel uit Noem My Skollie .
Noem My Skollie word op Vrydag 2 September in teaters landwyd uitgereik
Klik hier vir ’ n voorskou van die fliek
17
2016 | UITGAWE 3 | kykNET