kykNET Uitgawe 3 - 2016 | Page 15

As julle terugdink aan julle kindertyd en ’n maaltyd moet saamstel, wat sal dit wees? Nataniël: Souskluitjies, soetpatat, frikkadelle, karringmelkpoeding. My ouma se kos. Erik: Ek was die derde van vier kinders. Gewoonlik hou ’n gesin op kook ná die tweede kind. Polonie, maalvleis en tama­ tiekos is al wat ek kan onthou. Nataniël: Die grootste sonde is om op te daag met eetgoed of iets wat jy self gemaak het wanneer jy genooi is vir ete. Dit het gelukkig nog net een keer gebeur en ek het hulle vinnig reggehelp. Erik: Om te oorkuier. Die gasheer beheer die tempo van ’n ete. Moenie dit probeer uitrek en karring nie. Ry asseblief kort ná nagereg. Ek kan nie slaap met vuil skottelgoed nie. Wat was julle gunstelingkos of -gereg toe julle klein was? Nataniël: Enigiets. Ek was ’n honger, vet kindjie. Maar my groot liefde (nog steeds) is sagopoeding of ’n goeie kerrie. Erik: Soetgoed soos jellie, versiersuiker, vla en sagopoeding. Watter Suid-Afrikaanse bestanddeel mis julle as julle in Frankryk kook? Nataniël: Appels! Ek kook baie met appels en eet elke dag van my lewe ’n vars appel. Hier is die appels aaklig. Ek ver­staan dit g