kykNET Uitgawe 3 - 2016 | Page 13

EEN VAN HAAR SUKSESVERHALE die afgelope tyd was die toneelstuk Amper, Vrystaat waarin sy, Antoinette Louw en Cintaine Schutte gespeel het en wat hulle saam met die regisseur Nico Scheepers geskryf het. Die stuk het verlede jaar by die Vrystaatse Kunstefees gedebuteer en daarna ’n suksesvolle speelvak gehad by onder meer die Woordfees en KKNK. “Ek en Antoinette het op my stoep gesit en besluit ons wil ’n stuk vir vroue skryf. Ons het Nico genader en hy het vir Cintaine nader gehark. Die werkswinkelproses wat ons gebruik het om die stuk te skep, was baie uitmergelend. Daar was min sekerheid en baie spanning. Vier kreatiewe koppe bymekaar maak die proses baie ryk en wonderlik, maar aan die ander kant is daar soms ’n gebrek aan beheer en rigting. Soveel idees is rondgegooi en soveel opsies is oorweeg, maar toe ons die finale besluite geneem het, het ons geweet dit is die beste.” Amper, Vrystaat word ook nou ’n vollengte fliek. “Neil van Deventer, die vervaardiger van onder meer Dis Ek, Anna, het ons genader en as alles goedgaan, begin ons in die somer skiet en sal die fliek in 2017 vrygestel word. Die draaiboek is nie die teks nie en die dorpie Amper is as ’t ware nog ’n karakter in die fliek. “Ons het nie gedink dit sal ooit ’n fliek word nie – dit was beslis nie deel van die beplanning nie! Ons het selfs gewonder of die stuk aanklank sal vind by mense, maar ons is natuurlik baie bly dat dit nie ‘Jy kry nie net ’n heldin en ’n heks nie; daar is soveel fasette tussenin – én daar is ’n heldin en ’n heks in elkeen van ons.’ net ’n sukses was nie, maar ook ’n fliek tot gevolg gehad het.” Dit is nie die enigste rolprent wat Milan vanjaar gaan maak nie. Sy sal ook in Augustus te sien wees in Muse, ’n kortfilm op die Silwerskermfees. “Die rol is ’n heerlike uitdaging. My karakter is donker en slu en gewetenloos, en ek sien daarna uit om haar lyf te gee.” Intussen het Milan ook Pieter Kokke­ wieter, die tweede boek in haar kinder- reeks, geskryf. Die boeke gebruik Afri -­ ­­kaanse idiome as vertrekpunt – waar die eerste een “dra jou hart op jou mou” as tema gehad het, is die tweede een se tema “dra die wêreld op jou skouers”. “Van die eerste boek het 2 000 eksem­ plare verkoop en dit is baie goed ontvang. Die lekkerste oproep wat ek in jare gehad het, was toe ek hoor die Wes-Kaap se Biblioteekdiens het boeke vir al sy biblioteke gekoop. Die tweede boek sal teen September op die rak wees.” Tussen alles deur is Milan ook te sien in die toneelstuk Pa, wat in Augustus onder meer by die Kalfiefees op Hermanus op die planke is. “Ek en Chris van Niekerk, wat die rol van my pa in die stuk speel, het al saam TV-werk gedoen, maar nog altyd gehoop ons kan saam op die verhoog wees. Hy het so ’n oop, eerlike siel. Hy is vrygewig met sy tyd en aandag, en hoewel dit ’n moei­ like onderwerp is – ’n pa wat aan Alzheimer se siekte ly – is dit ’n plesier om saam met hom te werk.” Dan is daar ’n klassieke stuk wat sy en Sandra Prinsloo wil aanpak, ’n draaiboek wat sy wil skryf, nog kinderboeke... Een ding is seker: Milan Murray laat beslis nie op haar wag nie. Die Byl Dinsdae om 20:00 op kykNET, kanaal 144 2016 | UITGAWE 3 | kykNET 13