kykNET Uitgawe 3 - 2016 | Page 12

MILAN MURRAY

MILAN se vele ysters in die vuur

Sy is Nicky in Die Byl en een van die dae is sy te sien in ’ n kortfilm by die Silwerskermfees , maar Milan Murray het nog ’ n hele paar ander dinge om haar kreatiewe vuur te stook .
Deur Ilza Roggeband
12

Dis ’ n grou dag op Melkbosstrand . Die see is grys , die lug is grys en dis bitterlik koud . In die sitkamer brand ’ n kaggelvuur . Milan Murray sit met haar bene onder haar ingevou , beker koffie in die hand . Dit was ’ n besige jaar of wat vir haar . Rolprente en teater , TV-werk en ’ n kinderboek uit haar pen . Sy wag nie vir werk nie – sy skep dit self . Vir haarself én vir ander .

“ Om nié in Johannesburg te woon nie het dalk ’ n paar opofferings van my geverg wat werk betref , maar om op ’ n dorpie by die see te bly en vir my kinders , Steph ( 9 ) en Lua ( 7 ), die vryheid te gee wat hulle hier het , vergoed vir alles ,” sê sy oor haar en haar man , Schalk van der Merwe , se skuif na Melkbosstrand .
Milan is tans te sien in Die Byl , die misdaadreeks van 13 episo des wat losweg gegrond is op ware ge beu re . Sy speel die rol van Nicky van As , ’ n staats aanklaer en voormalige vrou van genl . Neels van As ( Tertius Meintjes ).
“ As deel van my voorbereiding het ek gaan aanklop by Helga van Wyk , wat jare lank ’ n staatsaanklaer was , maar ook bekend is as aktrise van weleer – sy was in die Afrikaanse rolprent Hoor my Lied te sien . Ek wou graag met ’ n vrouestaatsaanklaer praat om uit te vind wat die in-
vloed van hierdie ongenaakbare werk op ’ n vrou se psige het .”
Helga het Milan hof toe geneem om eerstehands te ervaar wat die werk verg . “ Dit beïnvloed jou denke – dít wat rondom jou in die wêreld aangaan , maar selfs ook hoe jy na verhoudings en die liefde kyk ,” sê Milan . “ Jy kan nie sewe tot agt uur in die hof wees en nié toelaat dat dit jou persoonlike lewe beïnvloed nie . Ek en die regisseur van Die Byl , Regardt van den Bergh , het lank gepraat oor die karakter , want sy is aanvanklik geskryf as romantiese afleiding vir die een karakter – ek wil nie te veel weggee nie ! – maar ek het
Milan en Helga van Wyk , wat jare lank staatsaanklaer was en Milan gehelp het vir haar rol in Die Byl .
gevoel sy moet ’ n sterker karakter wees . Nie sterk op ’ n harde manier nie , maar ’ n sterk vrou wat steeds vroulik en sag is .” Dink sy vroue is beter daarmee om vrouekarakters te skep ? “ Nie noodwendig nie ,” sê Milan . “ Ek het al tekste gelees waar vroue uitstekende vrouekarakters skep , maar mans kry dit net soveel reg . Ek dink wel dit is tyd dat Suid-Afrikaanse produksies vir vrouekarakters meer dimensies gee . Teater kry dit reg , maar TV en rolprente kan harder werk daaraan . Jy kry nie net ’ n heldin en ’ n heks nie ; daar is soveel fasette tussenin – én daar is ’ n heldin en ’ n heks in elkeen van ons . Nicky het beslis al twee in haar . As dit jou werk is om misdadigers agter tralies te sit maar jy moet ook in jou persoonlike lewe gesonde verhoudings handhaaf , het jy al twee nodig .”
Die reeks is vir almal wat van misdaadfiksie hou , sê Milan , wat al dertien episodes reeds gesien het . “ Ek sal mense aanraai om elke episode te kyk . Dit neem ’ n tydjie om die karakters te leer ken , en kykers sal later die formaat en ritme van die reeks kry . Elke episode is ’ n whodunnit , met ander woorde daar is ’ n moord en jy wonder wie die skuldige is . Die Byl is soos die meeste speurreekse : Jy dink jy weet wie dit gedoen het , maar dan is daar ’ n kinkel in die kabel .”
kykNET | UITGAWE 3 | 2016