kykNET Uitgawe 3 - 2016 | Page 10

TERTIUS MEINTJES Byl se baas is bedrywig Ná ’n paar jaar in die buiteland het Tertius Meintjes besluit sy hart lê in Suid-Afrika. Jy was te sien in reekse soos Plek van die Vleisvreters en Isidingo, maar dit voel asof jy ’n ruk lank van die TV-skerm af verdwyn het. Nou is jy weer te sien in Die Byl... Ek het oorsee gewoon, maar vandat ek terug is, werk ek nog die heeltyd. Daar was ’n hele paar uitstallings van my fotografie, ek het dokumentêre programme en bemarkingsvideo’s vir reekse en rolprente gemaak, én ek het ’n paar ondersteunende rolle gespeel in reekse soos Vloeksteen. In Die Byl speel ek die rol van genl. Neels van As, Byl se baas. Hy is knorrig en het sy eie persoonlike probleme én verskeie uitdagings by die werk. Dis ’n lekker rol. Ek het dit baie geniet om saam met Regardt van den Bergh as regisseur te werk, maar ook die ander spelers soos Waldimar Schultz, Lika Berning en Milan Murray. Om ’n speurder te speel was ook iets nuuts vir my. Waarmee hou jy jou besig? Dit wissel. In my bedryf moet jy die werk doen wat vir jou op die tafel gesit word. Dit gaan deur fases: Dan is dit werk voor die kamera, dan agter die kamera. Van waar jou liefde vir fotografie? Toe ek jonk was, het ek ’n bokskamera en 8 mm-filmkamera van my pa ontdek. En toe hy op ’n dag die motorhuis regpak en ’n boek oor fotografie wil verbrand, het ek dit gegryp en op 12-jarige ouderdom my eie donkerkamer gebou. Verkies ek film of digitaal? Die meeste van die werk deesdae is digitaal omdat dit vinniger en goedkoper is as film. Dit het beslis sy voordele, maar vir my bly film die fynproewer se keuse. 10 Tertius Meintjes saam met sy medespelers Waldimar Schultz (kol. Piet van der Bijl) en Milan Murray (adv. Nicky Malan). kykNET | UITGAWE 3 | 2016 Wat sou jy sê is jou grootste suksesse as fotograaf? Ek was in Berlyn, Duitsland, vir werk en het soggens werk toe gestap. Ek het altyd my kamera by my gehad en foto’s geneem – en mense daar het my foto’s gesien. Terug in Suid-Afrika het hulle my genooi om ’n uitstalling te kom hou. Dit het weer gelei tot werk in Amerika,