kykNET Uitgawe 3 - 2016 | Page 11

Australië en die res van Europa, én uitstallings in Suid-Afrika. Ek is ook trots op die ateljeefoto’s wat ek in Los Angeles geneem het en die reisfoto’s deur die jare. Ek het al wonderlike mense deur fotografie ontmoet: mense by galerye en publikasies, vervaardigers, skrywers, kunstenaars. Hoekom het jy tien jaar gelede terug­ gekom Suid-Afrika toe? Daar was verskeie redes: My seun, Werner – hy is nou 30 en ’n grafiese ontwerper vir ’n events company – het my nodig gehad en ek het Suid-Afrika gemis. Ek is nie ’n Europeër nie. Ek kon glad nie cope met die winters nie. My tyd daar was verby. Ek wou terugkom om Suid-Afrikaanse stories te vertel. Wat het Suid-Afrika wat Europese lande nie het nie? Wel, eerstens sonskyn! En die plek het ’n natuurskoon soos nêrens elders nie. Ons het ook ’n verskeidenheid van mense waarvan ek baie hou. Ons het ’n vryheid in Suid-Afrika wat ons nie waardeer nie. Ander lande het reëls en regulasies vir álles. Die wildheid hier het sy uitdagings, maar die vryheid vergoed dubbel en dwars d