kykNET
vir kykNET
Karen Meiring:
M-Net: Hoof van Afrikaanse kanale
Maryke Allers:
kykNET Media- en Reklamebestuurder
www.kyknet.co.za
Kontak kykNET
Tel: 011 686 6000
[email protected]
@kykNETtv
kykNET
kykNETtv
Vir In Context
Uitgewer:
Marí Lategan
Redaksionele Inhoud:
Ilza Roggeband
Redaksionele Assistent:
Jolene van Wyk
Besturende Redakteur:
Melanie Fortuin-Durr
Medewerkers:
Errieda du Toit
Herman Lategan
Piet Croucamp
Riaan Cruywagen
Stephanie Nieuwoudt
Suné Lotter
Deon Opperman
Kunshoof:
Lizette Ludick
Teksversorger:
Leonora van Staden
Produksie:
Lizay Stofberg
Foto van Karen Meiring geneem deur Sean Brand
Foto's verskaf deur kykNET
tensy anders vermeld
Ons is nou in die agtste seisoen van Boer
Soek ’n Vrou en Nadia Beukes oorrompel
iedereen met haar meelewende aan
bieding.
kykNET is goed opdreef van vroeg in die og
gend met die GROOT Ontbyt tot laat in die
aand met kykNET Verslag en ons verskeie
aktualiteits- en joernaalprogramme. Buurt
wag, ons eerste dramedie, het goed afge
skop, moet dit nie misloop nie. En Bloedbroers
is reeds ons vierde drama vir die jaar!
Dit was nodig om Kanaal 146 se inhouds
aanbod aan te pas en kykNET NOU! het ’n
groter fokus op ’n dinamiese Afrikaanse ver
maak-en-glanswêreld in sy volle diversiteit.
kykNET is voortdurend besig met opwin
dende nuwe projekte en films. Vanjaar gaan
nie minder nie as twintig films die lig sien.
Maak seker jy gaan kyk ons legendariese
filmmaker Jans Rautenbach se eerste film
in dertig jaar, ABRAHAM. Dit sal later ook op
DVD en BoxOffice beskikbaar wees.
Dis ongelooflik om te dink dat dit amper
Kersfees is en die Kersversierings by inkopie
sentrums herinner ons daagliks hieraan.
Om almal oor die vakansietyd nog besiger
te hou, kom gooi kykNET weer in Desember
en Januarie flikkers op Kanaal 199. Ons gaan
seker maak dat ons al ons nuwe films en
Silwerskerm-kortflieks uitsaai en dat daar nie
’n oomblik is waar daar nie vars programme
tussen die kanale geskeduleer word nie.
Baie dankie dat julle kykNET lojaal bly
onder
steun. Of ons kykers nou kombuis-,
eetkamer- of sitkamer-Afrikaans praat –
ons wil seker maak daar’s ’n feesmaal vir
elkeen van julle!
Mooi bly en lekker kyk!
Groete,
2015 | UITGAWE 3 | kykNET 3