kykNET Uitgawe 3 - 2015 | Page 12

Suidooster Bridgette October (Denise Newman) Sharleen Jacobs Sy was haar pa, Hendrik, se gunsteling, maar buite die huis het Lee-Ann altyd meer aandag gekry. Bridgette is met Ian getroud voordat sy haar studie as onderwyser kon klaarmaak. Daarna het sy vir hom gewerk, maar dadelik opgehou toe hulle geld begin maak. Bridgette het ’n drankprobleem, haar verhouding met haar kinders is onge­ maklik en koud en sy gee voor sy is sterk, maar sy kan enige oomblik in duie stort. (Theresa Sedras) Sy is ook bekend as Mrs. J, ’n weduwee in wie se huis almal op ’n Sondag bymekaarkom. Haar man, Hendrik, is oorlede in ’n voorval waarin een van hul dogters, Lee-Anne, betrokke was. Sy was toe 18 jaar oud. Sharleen se oudste dogter is Bridgette, wie se doen en late sy nie altyd goedkeur nie. Sharleen is een van sewe kinders, maar net twee van hulle leef nog. Haar grootste droom is dat die familie gelukkig en suksesvol sal wees, sy luister altyd en haar deur staan altyd oop. Sy is betroubaar en ’n staatmaker. Lee-Ann Jacobs (Portia Joel) Sy streef na sukses en wil bewonder word. Sy het gevlug toe haar pa dood is en op ’n boot gaan werk. Sy en Kevin Joshua, ’n ryk sakeman, trou nadat hulle mekaar in ’n kroeg op die boot ontmoet het. Lee-Ann is ambisieus en goed in haar werk. Ná haar terugkeer na Suid-Afrika kom sy dinge agter wat haar ontstel en meedoënloos maak. 12 kykNET | UITGAWE 3 | 2015