kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 9

Jozua Malherbe | Klik hier vir die lokprent Jozua Malherbe is ’n regisseur met ’n fyn oog vir detail. Hy was ook verantwoordelik vir die trefferreeks Bloedbroers. eie karakter en ons maak seker ons neem die gehoor stap vir stap saam met hierdie “karakter”. Die kykers gaan beslis meer weet oor internasionale en plaaslike regulasies en hoe die tegnologie teen jou gebruik kan word. Hulle gaan twee keer dink voor hulle iets op Facebook skryf …” Jozua is nie net regisseur van die reeks nie, maar ook kinematograaf. “Dit het my baie meer vryheid gegee, en ’n kans om intiemer met my akteurs en medium te werk. Om die akteurs deur die lens te sien speel soos wat dit gebeur, is baie vervullend en ek sal beslis oorweeg om dit weer te doen.” Hy sê spanning is ’n interessante instru­ ment omdat daar so baie maniere is om dit in te span. “Alfred Hitchcock het byvoorbeeld ’n tegniek gebruik wat hy ‘show them the bomb’ genoem het. In sy fliek Rope wys hy byvoorbeeld hoe twee vriende iemand vermoor en dan die lyk in hulle woonstel versteek. Hulle nooi vriende vir aandete en die gehoor wéét die lyk is daar reg onder hulle neus. “In Fluiters gebruik ons onder meer die­selfde tegniek, maar ons weerhou ook in­lig­ting sodat die spanningsdraad volge­ hou word. Fluiters is 13 episodes van “wie het dit gedoen?”, en ons wil hê die gehoor moet dié mallemeule van inligting, aksie en verhoudings geniet. Daar is nie net cliff hangers aan die einde van episodes nie, maar ook in die reeks. Ons maak seker ons gee net genoeg om jou daar te hou, maar net te min om dit maklik te maak.” Jozua is ook die kinematograaf op Fluiters. Fluiters is Dinsdae om 9 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) te sien. 2016 | UITGAWE 2 | kykNET