kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 8

|
Jozua Malherbe

FLUITERS

Wie luister en wie fluister ?

’ n Splinternuwe reeks uit die pen van Deon Opperman – met die wye wêreld van die tegnologie as tema – beloof om kykers voor die TV vasgenael te hou . Jozua Malherbe , die regisseur van Fluiters , vertel meer oor hoe die reeks gemaak is .
8

In ’ n tyd waar niks meer geheim is nie en die lewe van amper enige mens op aarde met ’ n paar muisklikke blootgelê kan word , gaan dié nuwe dramareeks vertel van die wêreld van korrupsie , wapensmokkelary en kuberkrakery .

’ n Suksesvolle IT-maatskappy word weens die toedoen van ’ n korrupte regeringsampte naar gekelder . Die eienaars van die maatskappy begin dan hulle eie beveiligde webblad , ’ n sogenaamde SecureDrop-web werf , waar “ fluiters ” – mense wat korrupsie aanmeld – bewyse kan lek sonder dat hulle identiteit bekend gemaak word . Alles gaan goed … tot hulle ’ n dokument ontvang van iemand met die skuilnaam “ Lekman ”. Met hierdie dokument kry hulle snuf in die neus van ’ n sameswering op die hoogste vlak tussen twee korrupte agente van die Suid - Afrikaanse Staatsveiligheidsagentskap , poli tici en agente van die terreurgroep ISIS wat beplan om uraan na die Midde-Ooste te smokkel . Om dit reg te kry span hulle die hulp in van ’ n Suid-Afrikaanse wetenskaplike wat weet waar om die uraan in die hande te kry …
Vriendskappe , liefdesverhoudings en uit - hou vermoë word beproef , en die skaduwêreld van spioenasie , korrupsie , terro risme – en die donker wêreld van die deep web – word deel van hulle lewe .
Die regisseur van Fluiters is Jozua Malherbe , die man wat ook vir die treffer reeks
Bloedbroers verantwoordelik was . “ Bloedbroers was ’ n wonderlike uitdaging en ek het daar baie geleer oor hoe ek
my medium aanpak en hoe ek dus ’ n storie kan vertel ,” sê Jozua . “ Ek het baie van hierdie lesse oorgebring na Fluiters . Die reeks is ’ n spanningsdrama , maar daar is tog dinge wat met Bloedbroers ooreenstem , dinge soos van die hoofkarakters , aksietonele en groot emosionele tonele . Die groot verskil is natuurlik dat die een reeks in 1918 afspeel en die ander in 2016 .
“ Ek het met dieselfde span as op Bloedbroers gewerk en ons doelwit was om ’ n hipermoderne wêreld te skep , een wat ons almal ken en al gesien het . Ons het almal navorsing gedoen oor die moderne tegnologie en wat op die oomblik met wêreldspioene aangaan , maar ook om vir ons ’ n wêreld te skep waaruit die karakters kom .”
Jozua sê hy geniet dit om oor wêreldsake en die tegnologie te lees . Wired en Forbes , sê hy , tel onder sy gunsteling-tydskrifte . “ Dit is vir my fassinerend hoe ons lewe deur die tegnologie verander word en hoe al hoe meer inbreuk gemaak word op privaatheid juis omdat ons almal so connected is . Fluiters is dus relevant vir almal wat ’ n sel foon of rekenaar het en wys die ander kant van die muntstuk . Mense dink die donker kant van die tegnologie raak Jan Alleman glad nie , maar dis nie waar nie .”
Reeds met die konseptualisering van die reeks , toe die rolle geskep is , het hulle aan sekere spelers gedink .
“ Veral ná Donkerland en Bloedbroers waar ek en Deon met soveel akteurs gewerk het , het ek al ’ n goeie idee gehad wat ek met
die akteurs kan doen . Maar soos altyd is daar ook oudisies – en dís by voorbeeld hoe ons die wonderlike Marisa Drummond vir die rol van Sandy gekry het . So ook Kim Syster , wat Nikki speel . Al die akteurs in die reeks is werklik ge vestigde akteurs wat al ’ n naam in die bedryf het , en dit was dus nie moeilik om die rolverdeling aan te pak nie .”
Sal selfs diegene van ons wat tegnologies gestrem is , die reeks verstaan ?
“ Deon se tekste is universeel ,” sê Jozua . “ Hy weerspieël die emosies en verhoudings van mense van alle ouderdomme , rasse en kulture , en dit is juis wat sy tekste so sterk maak . Fluiters gaan oor meer as die tegnologie ; dit gaan oor vriendskap en huwelike , oor taal en kultuur . Die tegno logie speel sy
Illustrasie verskaf deur www . freepik . com
kykNET | UITGAWE 2 | 2016