kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 6

Die Fiëstas se glansaand en die Ghoema-toekennings het die afgelope tyd met kykNET se stempel gespog … Bo: Elvis Blue en sy vrou, Cherize. Met nie minder nie as ses pryse, was hy een van die groot wenners van die aand. Links: Francois van Coke het twee toekennings as solokun­ stenaar gewen en drie saam met Karen Zoid vir hul treffer­ liedjie “Toe vind ek jou”. Dit is aangewys as liedjie van die jaar, gewildste liedjie van die jaar en digitale liedjie van die jaar. 6 Leah, wat ook in Sterlopers te sien is, het met die Ghoema as beste nuweling weggestap. Haar debuut­album, Wonder­­werk, is verlede jaar vrygestel. kykNET is reeds vyf jaar die hoofborg van die Ghoema-toekennings. kykNET | UITGAWE 2 | 2016 Juanita du Plessis is aange­wys as die beste verkoper van die jaar. Karlien van Jaarsveld se album My Hartjie was die wenner in die kategorie beste popalbum deur 'n vroulike kunstenaar. Nicholis Louw en sy vrou, Denise, het hul dogtertjie, Miané, saamgebring. Andriëtte Norman en haar man, Glynn Moolman. Andriëtte het twee toekennings gewen: beste vroulike kunstenaar en beste kontemporêre album deur 'n vroulike kunstenaar.