kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 50

| Leon van Nierop deur Leon van Nierop S 50 o dikwels hoor ’n mens iemand sug: “Oe, ek wens ek het jou werk gehad!” Maar hulle het nog nooit in jou fliekskoene gestaan en die verantwoordelikheid aanvaar om ’n mening uit te spreek wat nie altyd gewild is nie. Ons is omtrent 6 die hards – die verspreiders se benaming vir getroue resensente – wat vir elke liewe rolprent opdaag. Nie een van die 25 wat plotseling opdaag vir Batman vs Superman nie, maar die stoere getroues wat ook na ’n obskure riller soos The Boy gaan kyk. Resensente wat die pelgrimstog van begin tot einde meemaak en ná vyf minute besef: Hierdie twee uur gaan jy nooit weer terugkry nie. Jy mag nie uitstap nie. Jy moet sit, want dis jou werk! Is dit so lekker om vyf rolprente per week te sien? Nie sommer nie! Eerstens moet jy jou dag só inrig dat jy n