kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 47

Ruda Landman |
Jansen , rektor en visekanselier van die Universiteit van die Vrystaat .
Hulle het almal een ding gemeen : Dis almal mense wat iewers langs die pad ’ n gans ander koers ingeslaan het – ingrypende en dik wels aangrypende verhale wat mense in ’ n on derhoud van 11 minute met Ruda moet deel .
Wanneer ’ n mens haar uitvra oor die “ ver anderingsmomente ” in haar eie lewe , dink sy weer ’ n oomblik na – nie omdat sy daar oor wonder nie , maar “ omdat ek nie op daar die oomblik besef het dit gaan my lewe onherroeplik verander nie ”. Sy vertel hoe sy as twintigjarige vir die studenteraad van die Universiteit Stellenbosch ge staan en vir JP Landman ontmoet het – toe al ’ n “ politieke operative ”, vandag ’ n gerekende politieke en ekono miese ont leder en spre ker , ook bekend vir sy bulde rende lag en immer positiewe uit kyk op die lewe .
“ Ons huwelik is ’ n besondere vennootskap . JP het my onder meer geleer om na die groter prentjie te kyk .” Sy wys na die glas op die tafel . “ Al is daar ’ n storm in hierdie glas , is daar ook ’ n hele restaurant daar rondom . ’ n Moet altyd onthou dis binne die groter werk likheid waarin jy op ’ n per soonlike en professionele vlak ’ n verskil moet probeer maak .”
En dan was daar die geboorte van hulle seun , Johannes . “ My binnegoed het gesmelt toe ek hom die eerste keer sien . En dit het nooit weer reggekom nie ...”
Die vryskutwêreld het sy eie uitdag ings , maar hou ook baie voordele in . “ Ek is regtig baie gelukkig om minder besig te wees , min der stres te hê .” In die Carte Blanchedae was daar twee mense in die huis wat gestres was . “ Dit was ’ n geneuk . Nou kan ek in die oggend ’ n koppie tee langs JP neer sit en hom vra : Wie gaan jy volgende vloek ?” Sy lag uitgelate . Gemaklik .
Nog iets wat sy reggekry het , is om minder openbare figuur op die kassie te wees , en meer eie mens . Só het sy in ’ n stadium sanglesse ge neem en by ’ n koor aangesluit . “ Ek kon dit ongelukkig nie volhou nie , want dikwels kon ek die repetisies net nie bybring nie .”
Maar sy woeker met ander projekte , dinge wat haar na aan die hart lê . Een daar van is Readers Unite ( gaan kyk by www . readersunite . co . za ), ’ n studietrust waar - van sy die stigter is en iets waaroor sy hartstogtelik praat . Oor hoe elke mens ’ n verskil kan maak deur ’ n skenking van ’ n boek se prys . Sy vertel van studente wat van dag op ’ n honger maag moet klasloop , moet stu - deer . Van ’ n student wat pas haar regs graad vol tooi het en werk by ’ n bank ge kry het . Alles voorbeelde van hoe jy dinge tas baar kan verander .
Sy pleit dat Suid-Afrikaners hulle nie moet vasstaar teen wat sy noem die “ furious fringe ” – die studente wat dinge afbrand – nie . “ Ons moet fokus op die der dui sende mense wat hulle omstan dighede wil verander . Elkeen soos ’ n hert in ’ n dorre streek wat smag na opvoeding .”
Elke mens , sê Ruda , kan immers een klein verandering maak : Om te leer luister en nié net vir jou spreekbeurt te wag nie .
VeranderDinge is Sondagaande om 18:30 op kykNET ( DStv-kanaal 144 ) te sien .