kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 46

| Ruda Landman Ruda Landman was 19 jaar in die warm stoel van die aktualiteitsprogram Carte Blanche voor sy die tuig neergelê het. Deesdae is sy aanbieder van VeranderDinge, en aan die vooraand van die tweede reeks, wat op 10 April op kykNET begin het, het sy met Marguerite Robinson gesels oor die veranderinge in háár lewe. Ruda en haar medeaanbieder, Kim Cloete. W 46 anneer ’n mens die naam Ruda Landman noem, is die eerste reaksie gewoonlik: “Carte Blanche.” En g’n wonder nie, want saam met Derek Watts was sy omtrent ’n instelling op ’n Sondagaand. Verstommend genoeg sal dit in Junie volgende jaar tien jaar wees sedert Ruda kykers gegroet het – een van die grootste veranderinge in haar lewe. “Uiteindelik was dit vir my stremmend, ongelukmakend.” Sy dink ’n oomblik. “Is dit ’n woord? Maar dit is hoe ek teen die einde gevoel het. Dit uitgangspunt is ‘find the villain of the week and nail him to the wall’.” Die sprong in die duister was ’n waagmoedige een, maar deure het vir haar oopgegaan, ander het sy self oopgegooi. Die grootste vreugde, sê sy, is om te kan kies. “Jy kan leer om ’n harde, ondersoekende onderhoud te doen. Maar om iemand sover te kry om jou te vertrou, oop te maak, om sy diepste binneste in jou hand te sit ... dít verg baie meer.” kykNET | UITGAWE 2 | 2016 En dít is presies wat sy moet doen in haar weeklikse onderhoud op VeranderDinge. In die eerste reeks is net op vroue gefokus. Met die tweede reeks word die net wyer gegooi, en nou gesels mans ook oor ’n “veranderingsmoment” in hulle lewe: “Iets wat met jou gebeur het of ’n besluit wat jy geneem het – ’n oomblik wat jou lewe verander het,” verduidelik Ruda. Kykers kan uitsien na onderhoude met onder andere Jonathan Shapiro, beter bekend as die spotprentkunstenaar Zapiro; die ren­­jaer Gugu Zulu; prof. Nicola Kleyn, dekaan van die Gordoninsti­tuut vir Sakewetenskap aan die Universiteit van Pretoria; die span­ningskrywer en joernalis Karin Brynard; die voormalige Mej. Wêreld Rolene Strauss; Patricia de Lille, Kaapstadse burgemeester; die sangeres Sonja Herholdt; die joernalis en politieke kommentator Max du Preez; Angel Jones, stigter van die Homecoming Revo­lu­ tion; die skerpskerts-komediant Marc Lottering en prof. Jonathan