kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 45

Stiaan Smith
te laat gaan en wat belangrik is om voor te baklei .
Is komedie moeiliker as drama ?
Stiaan : Dit hang af watter een ek besig is om te skryf .
Bennie : Ek dink dis twee verskillende wêrelde . Persoonlik is ek liewer vir komedie . Tot jou meisie jou los – dán skryf ek vir jou drama .
Wat het die Silwerskermfees vir julle beteken ?
Stiaan : Daar is nie ’ n beter voorreg en geleent heid om te leer as die Silwerskermfees nie – dis soos Pro20 vir stories vertel . Ek kon
die hele verfilmingsproses in ’ n baie gekonsentreerde dosis ervaar en in ’ n paar maande die ervaring kry wat my in die regte lewe dalk ’ n paar jaar sou neem ! # DankiekykNET !
Bennie : Wat Stiaan gesê het . # EksOok- Dankbaar .
Hoe dink julle dra die Silwer skermfees by tot die bedryf ?
Stiaan : Dis ’ n platform om filmmakers te ontdek en te eksperimenteer . Ek glo ’ n ge sonde bedryf kan nie genoeg film makers hê wat hulle eie stem ontwikkel nie , en die Silwerskermfees het ’ n groot talent inspuiting geword .
Hotel |
Hoe het julle in die vermaakbedryf beland ?
Stiaan : Ek het Russell Crowe se toe - spraak gekyk toe hy die Oscar vir Gladiator gewen het , en toe wou ek ook famous wees . Maar ek was 18 en stupid . Toe ontdek ek tien jaar later beter motiewe en toe raak dit lekker .
Bennie : Ek het op universiteit vir die kos huis begin toneel skryf omdat niemand anders wou nie en die koshuiskas nie geld gehad het vir ’ n skrywer nie . Toe begin ek dit afrig en daarin speel .
Vertel meer oor julleself …
Stiaan : Gebore in Pretoria , grootge word en skoolgegaan in Nelspruit . Ná skool het ek gaan drama swot by Afda in Johannesburg , en toe my B . Com . -graad in finansies by die Universiteit van Johannesburg verwerf . Ek woon in Linden . Dis ’ n dorpie in die middel van Johannesburg .
Bennie : Gebore in Pretoria . Een van vier kin ders . My pa is ’ n dominee en my ma ’ n onder wyseres en pastorievrou . Skoolgegaan by Hoërskool Overkruin . By Pukke B . Com . ( Regte ) gaan swot en daarna twee jaar in Korea gaan Engels gee . Tans bly ek in Linden . Met ’ n goeie arm kan ek Stiaan se huis raak gooi .
Watter ander werk het julle al op TV , film of in die teater gedoen ?
Bennie : Stiaan was te sien in Vir Altyd , waar hy die rol van Retief vertolk het . Hy het Beurtkrag geskryf en self ook daarin gespeel , en later vanjaar is hy op die grootskerm te sien in die hoofrol van Sy Klink Soos Lente , wat ook sy langfilmdebuut as skrywer is . Hy was laasjaar baie bevoorreg om onder regie van Ilse van Hemert in die toneelstuk Skuld eiser te speel – saam met André Oden daal en Anna-Mart van der Merwe .
Stiaan : Bennie was te sien in Born to Win , Mooirivier , Die Pro en is ook binnekort ( 30 September !) saam my te sien in Sy Klink Soos Lente , waar hy my beste vriend speel . Op TV was hy te sien in twee episodes van Bloedbroers . Hy het 2014 se Silwerskermfees-kortfilm Vuil Wasgoed geskryf , geregisseer én daarin gespeel . Hy was in die skryfspan van Sterlopers en werk tans aan die vollengte-filmweergawe van Vuil
Wasgoed .
Hotel word vanaf 11 Julie 2016 om 20:30 op kykNET ( DStv-kanaal 144 ) uitgesaai .
45
2016 | UITGAWE 2 | kykNET