kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 44

| Hotel ’n "Mocumentary" – in Afrikaans mokumentêr – is iets tussen ’n dokumentêre program en ’n komedie, en word al sedert die jare sestig gehoor. Hotel is ’n nuwe Suid-Afrikaanse mokumentêr wat op 4 Julie begin. Hotel speel af in die piepklein Fransenburghotel, wat deur die Lourier-hotelgroep ge­ koop word. Die groep stuur dan ’n kon­ sultant om te kyk hoe dinge daar loop, en die konsultant, bestuurder en personeel moet ondanks hulle wankelende bestuursvernuf aanpas om die sukkelende plek aan die gang te hou. Dit is die eerste TV-reeks in die bekwame hande van Bennie Fourie en Stiaan Smith, albei vorige wenners by die Silwerskermfees – Bennie vir Vuil Wasgoed, wat in 2014 as die beste kortfilm aangewys is, en Stiaan in 2015 vir die draaiboek van Beurtkrag. Bennie en Stiaan het die reeks geskryf en ook die regie behartig. Waar het julle aan die idee vir die reeks gekom? 44 Bennie: Van my gunsteling-shows op TV die laaste paar jaar was mokumentêre, en ek het besluit ek wil graag ’n storie in daardie genre vertel. As skrywer is dit vir my ’n ontsaglike lekker genre om in te speel, omdat dit jou die geleentheid gee om die karakter eenkant toe te trek, vrae te vra en karakters af te loer. kykNET | UITGAWE 2 | 2016 Is daar ’n bietjie Fawlty Towersinspirasie? Bennie: Die gedagte om die storie in die hotelwêreld te laat afspeel het eintlik gekom omdat ons ’n plek gesoek het waar ’n klomp karakters gedwing word om saam te werk. ’n Hotel leen homself daartoe. Dit help ook dat ’n hotel sulke duidelik gedefinieerde posbeskrywings het wat die kyker ken. Ons is albei groot fans van Fawlty Towers, maar glo Hotel ontgin ’n ander soort komedie. Wie is in die rolverdeling? Bennie: Vir ons werk dié genre die beste met ’n groot ensemble van rolverdelings. Ons het agt permanente karakters waarom die storie draai. Stiaan: Ons is baie opgewonde om saam met die gesoute akteur James Borth­ wick te werk – hy speel die rol van die hotelbe­ stuurder. Dan is daar Schalk Bezui­den­hout: Hy is bekend as ’n fantastiese kome­diant, maar ons glo mense gaan verras wees om te sien hy is net so ’n belowende akteur. Ander mense in die rolverdeling is Simoné Nortmann as die ontvangsdame, Beer Adriaanse as die konsultant, Martelize Kolver wat vir Bennie Fourie bemarking en ekskursies verantwoordelik is, en Sandi Schultz as die sjef. Graham Weir is die opsigter en Mila Guy die kelnerin. Wat is die grootste uitdaging met die skryf van ’n komediereeks? Stiaan: Om snaaks te wees. Bennie: Om vir Stiaan te sê hy is nie snaaks nie. Wat is die grootste uitdaging met die maak van ’n TV-reeks? Stiaan: Ek dink dit gaan oor opofferings. ’n Mens gaan altyd opofferings moet maak, want die hulpbronne is beperk en die uit­ dag­ing is om te weet wat jy bereid is om