kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 41

Kampkos |

Bestaan jou kampkos uit wors oor die kole en dalk ’ n jaffle of twee ? Of is jy iemand wat kan uithaal en wys wanneer etenstyd langs die kampvuur aanbreek ? In die tweede reeks van Kampkos gaan ons weer wys dis nie nodig om afskeepkos te eet net omdat jy kampeer nie .

“ Dis altyd ’ n voorreg om saam met die gaste te kuier en kook en die verskillende per soonlikhede te sien uitkom voor die kospotte ,” sê Beáte . “ Ek kan nie een van die gaste uitsonder nie , maar dit was fantasties om sjefs soos Tiaan Langenegger en Leroux van Vuuren , al twee voormalige deelnemers aan
Kokkedoor , in aksie te sien .”
Beáte sê sy en John-Henry is ywerige kamp eerders , maar kom ongelukkig nie gereeld genoeg daarby uit nie .
Wat is haar idee van ’ n suksesvolle kampeerdery ? “ Goeie gees , goeie gesel skap en baie braaivleis .”
En wat moet jy nié doen nie ? “ Moenie dink hoe jy kampeer is die enigste en regte manier nie . Doen wat vir jou werk en die res sal in plek val .”
John-Henry is ’ n goeie kok , sê Beáte , maar dit is gewoonlik sy wat die meeste van die kookwerk doen . Het sy ’ n gunsteling-Kampkos-resep ? “ Die varklies wat die akteur Gustav Gerdener gemaak het , was fantasties . Daar was ook heelwat oulike idees vir slaai wat ek beslis gaan probeer .”
Haar gunsteling-kampplek is enige plek wat stil is .
“ Blyde Canyon in Mpumalanga , Marcuskraal in Citrusdal , Ramoswe in Bela-Bela . Ons is baie bederf met soveel ongelooflike plekke om van te kies in Suid-Afrika .”
Die grootste uitdaging met die reeks was dat dit in die buitelug opgeneem word – die span moet voorbereid wees op alle weersomstandighede .
“ Ek en Pietie Beyers – hy was in Die Boek-
Lynné se broccolien-spekslaai
klub – moes in Langebaan mooi vas hou sodat die wind nie al ons kos weg waai nie ,” sê sy .
Beáte glo die tweede reeks gaan kykers nóg meer lus maak vir kampeer . “ Dis ’ n onge looflike span talentvolle mense wat almal ’ n bydrae tot die eindproduk gemaak het . Met die tweede reeks was ek ook meer voor bereid op wat moet gebeur , en natuurlik wil ’ n mens die heeltyd beter doen . Hopelik het ons dit reggekry .
“ Ons kry baie goeie terugvoering oor die program . Ek dink dis toeganklik . Nie almal hou van kosprogramme nie , maar omdat ons dit meng met lekker kuier saam met in teres sante mense , is dit ’ n program wat am per almal sal geniet .”
Lynné se broccoli-en-spekslaai
Lynné de Jager was in 2012 Mev . Suid-Afrika en is te sien as een van die gaste in die nuwe Kampkos . Sy deel ’ n resep vir ’ n heerlike bykos .
Jy benodig »» olie om te braai
»» 1 ui , fyngekap
»» 1 pakkie ( 200 g ) spek , gesnipper
»» 1 groot kop broccoli
»» 100 ml bruinasyn
»» 100 ml mayonnaise
»» 80 g strooisuiker
»» 200 g cheddarkaas , gerasper
Só maak jy 1 Verhit die olie in ’ n pan en braai die ui en spek vleis tot gaar . Sny intussen die broccoli se stingels af en breek die blommetjies in kleiner stukke .
2 Maak die sous deur die asyn , mayonnaise en strooisuiker te meng .
3 Meng nou die broccoli , spekmengsel en kaas en roer laastens die sous goed deur . Die slaai is ’ n dag later steeds ’ n wenner !
Heel links : Lynné de Jager , Mev . Suid-Afrika van 2012 .
Links : John-Henry Opperman , die sanger Anton Botha , die akteur Gustav Gerdener en Beáte Opperman op die stel van Kampkos .
Kampkos word Donderdae om 17:30 op kykNET ( DStv-kanaal 144 ) uitgesaai . Herhalings : Vrydae 11:30 , Saterdae 15:30 , Sondae 06:30 .
41
2016 | UITGAWE 2 | kykNET