kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 39

ShowMax | kykNET kry ’n paspoort! Die ShowMax-video-op-aanvraag-intekendiens het sy voetspoor vergroot, en nou is kykNET se inhoud aan Suid-Afrikaners in die buiteland beskikbaar. Die tegnologie het die wêreld kleiner ge­maak. Daar was ’n tyd toe emigrante wat halfpad om die wêreld getrek het, heel­temal afgesny was van hulle eie kultuur. Kom­munikasie met die mense wat hulle agtergelaat het, was langsaam, en om in jou eie taal vermaak te word was haas on­denkbaar. Gelukkig het tye verander. Internet-TV – of ’n video-op-aan­vraag-inte­kendiens – is relatief nuut in Suid-Afrika, maar verbasend eenvoudig. Jy betaal ’n maan­ delikse tarief om in te teken en verkry dan toegang tot duisende reekse en flieks wat jy aa