kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 36

| David Vlok

Tim is dood …

Lank lewe

DAVID !

Omtrent 15 jaar lank het David Vlok kykers vermaak as die sexy Tim Vorster in Egoli : Plek van Goud . Nou keer hy voltyds terug na die kassie – in ' n rol wat volgens hom meer soos die “ regte ” David Vlok is . Carryn-Ann Nel het met hom gaan gesels oor hunk-wees en oor pa-wees .
36

Tot vandag toe is Tim Vorster die manlike akteur wat sepiekykers die meeste mis op die kassie . Volgens ’ n peiling van die tydskrif Sarie is dit net Elsa du Plessis , ook van Egoli , en Wilmien de Lange van 7de Laan wat ’ n groter gaping gelos het in die wêreld van sepies .

G ’ n wonder nie , want Tim Vorster was een van
Egoli se mooiste mans saam met wie gesinne saans heerlik gekuier het in die sitkamer . “ Ek was baie jare teen meisies se kamermure opgeplak … en is toe later as ’ n dartboard gebruik ,” lag David .
Hy is sjarmant . En steeds aantreklik . Die grys hare teen sy slape loer net nou effens woester oor sy ore en sy oë trek steeds skrefies soos hy lag .
Op 4 April het David weer sy verskyning gemaak in ons sitkamers – dié slag in Getroud met Rugby – Die Sepie . Nou is hy die streng en stoere Gideon Bekker . Reken meester-pa . Militant . En oneindig lief vir sy vrou en vier kinders .
Dis asof die skrywer van die reeks , Deon Opperman , hóm in gedagte gehad het toe hy dié karakter geskep het , skerts David .
“ Ek en Deon ken mekaar nou al 25 jaar , en hy het my heel eerste toneelstuk geskryf . Hy ken my dissipline en my karakter . Hy weet ek is ’ n stoere boer – my twee kinders ( die 27-jarige Melenie- Ann , ’ n pilates-instrukteur , en die 24-jarige Nicolas , wat siviele ingenieurswese studeer ) het met streng dissipline grootgeword .”
Deon het alles van David Vlok in hierdie karakter ingebring .
kykNET | UITGAWE 2 | 2016