kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 35

Musiekblad | Moedersdag is om die draai, en daarom het Daantjie Badenhorst na vier nuwe vrystellings deur vroulike kunstenaars gaan luister. Nogtans Sal Ek Sing Breek die Stilte Dis Hier Dis Nou Heilig is U Naam deur Anneli van Rooyen deur Jacqueline deur Belinda Brönner Anneli is ’n ware legende van Afri­­kaanse musiek, maar haar sang­­­loopbaan is onder­breek deur ’n operasie wat onher­stel­ bare skade aan haar gesig- en mond­senuwees aan­gerig het. Nog­­tans het sy teen die einde van verlede jaar haar eerste nuwe album in 12 jaar vry­ gestel. In die titel­snit, haar eerste nuwe komposisie in baie jare, loof sy die Here te midde van haar moeilike omstandighede en sing sy openhartig oor haar geloof. Die album bevat ook ander Christelike liedere, soos “Seënbede”, “Neem ons bede aan”, “Halleluja” en “Naggebed”. Dis goed dat Anneli haar sang­ loopbaan hervat het – haar aanhangers sal beslis nie teleur­ gesteld wees nie! deur Cordelia Hoewel Cordelia se debuutalbum al in 2010 verskyn het, was hierdie album haar groot deurbraak, veral nadat “Mal in Jou Kop” so ’n groot treffer geword het. Sedertdien het sy ’n bekende gesig op kykNET geword, veral in programme soos Jukebox, Jam, Fiësta en Sterlopers. Met hierdie album gee Cordelia die luisteraar ’n kykie na wie sy regtig is, veral op snitte soos “Eerste Woorde” en “As dit Reën”, wat oor ware lewensgebeurtenisse gaan. Hoewel dié album kommersieel toeganklik is, vermy sy die slaggate waarin soortgelyke kuns­tenaars trap. Daar is geen oppervlakkige lirieke nie; jy sal nie ’n Engelse woord hoor nie; en al die liedjies op die album is oorspronklike Afrikaanse komposisies. Cordelia verdien beslis om selfs nóg gewilder te word as wat sy reeds is. Hier is iets radikaal nuuts in Afri­kaans. Vir die eerste keer het ’n kunstenaar dit gewaag om vokale trans-musiek in Afri­­kaans op te neem, en dit sal ’n rukkie duur voordat ’n mens daaraan gewoond raak. “Dis Hier en Nou” is ’n radio­treffer, en hopelik sal snitte soos “Stoksielalleen” en “Vinkel en Koljander” die­­selfde sukses be­haal. Dit is beslis nie jou gewone Afri­ kaanse musiek nie, maar enig­ iemand met ’n oop gemoed behoort die album te geniet. Jacqueline moet geluk­gewens word met haar waag­moed. Hoewel Belinda Brönner se dog­ter, Liza, al ’n klompie jare op die plaaslike musiektoneel is, is dit Belinda se eerste album. Op Heilig is U Naam span sy saam met ’n aantal vriendinne, onder wie Lindie Strydom, Mandi Baard en ook Liza, en die resultaat is een van die beste Christelike albums wat die laaste tyd verskyn het. Die eerste snit is “Gebed vir ons Land”, ’n pragtige lied waarvan ’n musiekvideo vervaardig is en wat ’n groot tref­fer behoort te word. Onder die ander hoogte­ punte tel “Troon van Genade”, “U is Waardig” en verwerkings van Psalm 24 en die “Onse Vader”. Hierdie album word sterk aanbeveel. 35