kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 34

| Boekeblad
34
Twee digbundels van Breyten Breytenbach , ’ n boek deur ’ n oud-Springbokkaptein en een met Die Burger se beste spotprente oor die jare . Stephanie Nieuwoudt vertel meer .
Huilboek
deur Ryk Hattingh ( Human & Rousseau ) Ryk Hattingh was destyds een van die enfants terrible van die Afrikaanse letter kunde , met boeke soos Ignatius Brand en Witskrif en die toneelstuk Sing Jy van Bomme . ( Hy was ook medeskrywer van die toneelstuk Opdrag : Ingrid Jonker .) Maar toe trek dié oud-joernalis ( van onder meer Vrye Weekblad ) Nieu-Seeland toe , en vir meer as ’ n dekade is sy skrywerstem betreklik stil .
Huilboek speel af tussen Hattingh se aanneem land en sy grootwordjare in die jare sestig aan die Oos-Rand . Hoewel dit klink na ’ n outobio grafie , word dit as ’ n roman aan gebied . Gewis nie iets wat Hattingh se aanhangers sal wil misloop nie .
Die singende hand en die na-dood
deur Breyten Breytenbach ( Human & Rous seau ) Dis ’ n goeie jaar van skeppingsvernuf vir die digter , skrywer en kunstenaar Breyten Breytenbach , met twee publikasies wat kort op mekaar volg .
Die singende hand is ’ n versameling van sy gedigte tussen 1984 en 2014 en bestaan uit elf van sy vorige bundels . Geen ernstige aanhanger van hierdie digter sal dié bundel wil misloop nie .
Sy bundel Die na-dood handel oor die tyd voor die dood sowel as ná die dood . Leitmotiewe uit sy vorige werke word ook hier vernuwend aangepak .
Stories van die kantlyn
Hy kom met die skoenlappers
deur Valda Jansen ( Human & Rousseau ) ’ n Liefdesroman en ’ n elegie aan die verlore liefde . Die hoofarakter in die boek kyk terug na die verlede en die pad wat haar lewe verloop het .
Daar is spyt en verdriet oor dinge wat kon gewees het as sy ’ n ander keuse gemaak het by die vurk in haar lewenspad . Sy verlang na ’ n verlore liefde en na Duitsland . Maar die lewe gaan onverstoorbaar sy gang . En soms is dit te laat om jou besluite van destyds te herroep .
Jansen is veral bekend as joernalis en digter .
Die Groot Drie – ’ n Eeu van Spotprente in Die Burger 1915-2015
deur François Verster ( Penguin Random House ) In die 100-jarige bestaan van die Kaapse dagblad Die Burger het drie spotprentkunstenaars vir die publikasie gewerk : D . C . Boonzaier , T . O . Honiball en tans Fred Mouton .
Die spotprente in dié boek bied ’ n blik op die koerant en dus ook die geskiedenis van Afrikaans sprekendes : van die swaar krydae tus sen die twee wêreldoorloë en die Groot Depressie van die 1930 ’ s tot die politieke veranderinge wat deur die dekades in die land plaasgevind het .
Boonzaier was veral bekend vir sy skerp aan valle op opponente van die Nasionale Party , Honiball het bekendheid verwerf vir sy speelsheid , en Mouton het al byna ’ n huis houdelike naam geword oor die treffende manier waarop hy die hedendaagse Suid-Afrika uitbeeld .
François Verster , wat die boek saamgestel het , is Naspers se maatskappy-argivaris .
deur Theuns Stofberg ( Penguin Random House ) ’ n Boek vir die rugbygeesdriftige uit die pen van die voormalige Springbokkaptein wat die Curriebeker vir drie provinsies – die Vrystaat , Noord-Transvaal en die Westelike Provinsie – kon huis toe bring .
Hierdie outobiografiese vertelling neem die leser op reis na sy dae as rugbyspelende kind , na die eerste keer toe hy die Groen-en-goud oor sy kop getrek het , en verskeie toere na die buiteland , waaronder die berugte meelbomtoer na Nieu-Seeland in 1981 .
Hy vertel ook roerend van die uitdagings van ’ n spraakgebrek en ’ n familietragedie . Maar daar is genoeg humor om van die boek ’ n heerlike leeservaring te maak . ’ n Gawe geskenk vir enige rugby-aanhanger .
Stock images verskaf deur www . inimage . com