kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 33

Gevlegte plaasbrood
Hierdie broodjies maak ons oor die kole gaar , maar jy kan dit ook in ’ n oond van 180 ° C bak .
Jy benodig »»
500 g ( 4 x 250 ml ) witbroodmeel
»» 1 teelepel ( 5 ml ) sout
»» 1 teelepel ( 5 ml ) suiker
»» 1 pakkie ( 10 g ) droë kitsgis
»» 325 ml louwarm water
»»
’ n bietjie olyfolie
Só maak jy 1 Meng al die droë bestanddele in die bak van ’ n elektriese menger saam . Voeg die water en olie by , sit die deeghaak in die masjien en knie die mengsel tot dit ’ n sagte deeg vorm . Gooi die deeg met ’ n vadoek toe en laat dit uitrys tot dubbel die volume .
2 Knie die deeg af en rol dit uit op ’ n werkblad wat met meel bestrooi is . Sny reghoeke uit die deeg wat omtrent so groot soos ’ n bank noot is . Sny elke reghoekie in 3 repe , maar nie regdeur nie – hou die een punt heel . Vleg die deeg soos ’ n koeksister en druk die punte stewig vas .
3 Braai die broodjies stadig oor matige kole – ongeveer 8-10 minute aan elke kant . Die broodjies moet gaar wees in die middel , maar nie te erg geskroei nie .
Malvapoedingbolletjies met ’ n vlavulsel
Hierdie malvapoeding word in ronde vormpies gebak . Die panne is vrylik beskikbaar by enige bak winkel . ( Dis deesdae hoogmode ; dus kan jy maar een aanskaf !)
Al die resepte is ook op ons webwerf by kykNET Kombuis te kry .
Jy benodig
VIR DIE MALVAPOEDING »»
2 eetlepels ( 30 ml ) botter
»» ½ koppie ( 125 ml ) suiker
»» 1 ekstragroot eier
»» 1 eetlepel ( 15 ml ) appelkooskonfyt
»» 1 teelepel ( 5 ml ) koeksoda
»» ½ koppie ( 125 ml ) melk
»» 1 koppie ( 250 ml ) koekmeel
»» ’ n knippie sout
»»
1 eetlepel ( 15 ml ) asyn
VIR DIE VLAVULSEL »»
2 eiers
»» 3 eiergele
»» 150 ml suiker
»» 50 ml koekmeel
»» 25 ml mielieblom
»» 2 koppies ( 500 ml ) melk
»»
1 vanieljepeul , in die lengte oopgesny en saadjies uitgeskraap
»»
2 ml amandelekstrak Só maak jy 1 Maak die poeding . Verhit die oond tot 180 ° C . Smeer die pan goed met botter .
2 Verroom die botter en suiker , voeg die eier by en dan die appelkooskonfyt . Los die koeksoda in die melk op en voeg dit by die eiermengsel . Sif die meel en sout by en vou dit in , en roer laastens die asyn deur .
3 Vorm bolletjies met die deeg en pak dit in die pan . Bak dit dan vir 20 minute .
4 Maak die vlavulsel . Klits die eiers , eiergele en suiker saam tot dit lig en romerig is . Voeg dan die meel en mielieblom by en roer dit goed deur – maak seker daar ’ s geen klonte nie .
Malvapoedingbolletjies met ' n vlavulsel en spring rolls met ’ n melktertvulsel .
Winterkos |
5 Gooi die melk , vanieljepeul en -saadjies plus die amandelekstrak saam in ’ n kastrol op die stoof . Verhit die mengsel tot net voor kookpunt en haal dit dan dadelik af .
6 Roer die eiermengsel baie vinnig terwyl jy die warm melkmengsel stadig daarby inskink . Sit die vla terug op die stoof en kook dit oor matige hitte totdat die vla verdik en soos baie dik room lyk . Moenie dit te veel kook nie .
7 Teen dié tyd is die malvapoeding bolletjies klaar gebak . Laat hulle afoel , vul ’ n dik spuitnaald ( te kry by apteke ) met vla en spuit dan ’ n bietjie daarvan in elke bolletjie .
Melktert-spring rolls
Daardie bekende , vertroostende smaak … in ’ n ander verpakking ! Dié kinkel sal almal verras . Jy kan die rolletjies ook die dag voor die tyd maak en dan net vinnig voor opdiening diepbraai .
Jy benodig »»
1 koppie ( 250 ml ) melk
»» 3 eiergele
»» 1 teelepel ( 5 ml ) koekmeel
»» 1 teelepel ( 5 ml ) mielieblom
»» 50 ml suiker
»» ryspapiervelle
»» kaneelsuiker
»»
1 teelepel ( 5 ml ) koekmeel , gemeng met 2 teelepels ( 10 ml ) water
»» olie vir diepbraai
Só maak jy 1 Verhit die melk in ’ n kastrol . Klits die eier , meel , mielieblom en suiker saam en gooi dan ’ n bietjie van die warm melk by – die droë bestanddele moet net-net bind – en meng dit dan by die res van die melk in . Kook die mengsel totdat dit verdik , haal dit van die plaat af en laat dit afoel .
2 Skep lepels vol van die vulsel op ’ n ryspapier vel en sprinkel kaneelsuiker oor . Smeer die deegvel se randjies met die meel-enwater-mengsel en rol dit dan op .
3 Verhit genoeg olie vir diepbraai tot 180 ° C en braai vier rolletjies op ’ n slag tot ligbruin . Skep dit uit op kombuispapier sodat die oortollige olie kan dreineer .
33
Tiaan Langenegger en Mynhardt Joubert .
Makietie word uitgegee deur Human & Rousseau . Die kosfoto ’ s is geneem deur Myburgh du Plessis en die foto van Tiaan en Mynhardt deur Kobus Louw .