kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 32

| Winterkos Warmte op ’n bord … Gevlegte vark met Mal Miem se braaisous Die geheim van hierdie heerlike vark­ ge­reg lê natuurlik in die sous. Hierdie hoeveel­heid maak ongeveer 1,5 ℓ wat jy vir tot ’n maand in die yskas kan hou. Dit is ook ’n gawe geskenk. Jy benodig Gevlegte vark met Mal Miem se braaisous. 3 dikgesnyde varkrepe (rashers) per persoon VIR DIE BRAAISOUS »» 5 naeltjies, fyngestamp »» 10 lourierblare »» 1 eetlepel (15 ml) vinkelsade »» 1 teelepel (5 ml) komynsade »» 2 eetlepels (30 ml) geskroeide koljandersaad, grofgestamp »» ’n paar knippies sout en grofgemaalde swartpeper »» 2 eetlepels (30 ml) gerookte paprika »» 1 teelepel (5 ml) rissievlokkies »» 5 knoffelhuisies, fyngestamp »» gerasperde skil en sap van 2 groot suurlemoene »» sap van 3 groot lemoene »» ’n hand vol vars koljanderblare, gekap »» 10 vars tiemietakkies, gekap »» 5 vars roosmaryntakkies, gekap »» ½ koppie (125 ml) heuning »» ½ koppie (125 ml) balsemiekasyn »» ½ koppie (125 ml) sojasous »» 3 koppies (750 ml) goeie tamatiesous »» 1 blikkie (70 g) tamatiepasta »» ½ koppie (125 ml) olyfolie »» ½ koppie (125 ml) sonneblomolie Só maak jy 1 Maak die braaisous deur al die bestand­dele saam te meng en dit dan in bottels te skink wat jy met ’n kurkprop verseël. 2 Berei die vleis deur elke varkreep oor die lengte in drie eweredige repe te sny – maar hou die een punt heel. Vleg nou die 3 repe en steek die punte met ’n tandestokkie vas. 3 Marineer die vleis oornag in Mal Miem se braaisous. Dreineer en braai dit stadig oor matige kole. 32 kykNET | UITGAWE 2 | 2016