kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 3

kykNET vir kykNET Karen Meiring M-Net: Hoof van Afrikaanse kanale Maryke Allers kykNET: Media-en-reklamebestuurder www.kyknet.co.za Kontak kykNET Tel. 011 686 6000 [email protected] @kykNETtv kykNET kykNETtv Vir In Context Uitgewer Marí Lategan Besturende redakteur Melanie Fortuin-Durr Redaksionele inhoud Ilza Roggeband Medewerkers Daantjie Badenhorst Louis de Villiers Haidee Muller Carryn-Ann Nel Stephanie Nieuwoudt Marguerite Robinson Bibi Slippers Leon van Nierop Uitlegkunstenaar Lizette Ludick Herskrywer Peter van Noord Teksversorger Petro Bosman Produksie Lizay Stofberg Redaksionele assistent Jolene van Wyk Foto van Karen Meiring geneem deur Sean Brand Foto‘s verskaf deur kykNET tensy anders vermeld Hallo aan al ons getroue kykNET-ondersteuners Die jaar word ryp in goue akkerblare … en die kykNETskedules is soos goeie rooiwyn vir die koue wintersaande. E erstens: Baie geluk aan al ons ver­ vaardigers met hulle nominasies vir die ATKV-Media­­veertjies, en by voor­ baat geluk aan al die wenners! Ons is trots op al julle harde werk wat van kykNET die gesogte kanaal maak wat dit is. Baie dankie ook aan al ons lojale kykNET-ondersteuners wat dit vir ons aanhou moont­lik maak. Ons moet almal sover ons kan Afrikaans as ’n kommersiële taal bly ondersteun. Daar is talle nuwe seisoene van gun­ steling-reekse én opwindende nuwe reekse waarna ons kan uitsien – trouens, daar’s ge­middeld sewe uur se vars Afrikaanse in­ houd daagliks net op kykNET (Kanaal 144). Die GROOT Plaas en Die GROOT Ont­byt het net die regte pas om elke weekdag te begin, en Saterdagoggende word ons ver­maak deur Dawie Roodt en die span van Ontbytsake – elke week fokus ons op klein­sake in ’n omgewing naby ons kykers. Wat leefstylprogramme betref, is daar werk‑ ­lik ’n klomp te kus en te keur. Ons vlagskipwerklikheidsreeks, die bak­kom­pe­tisie Koeke­ door, laat ’n mens se tone skoon omkrul van lekkerkry oor al die lekkernye. Komedie kry ’n splinternuwe gevoel en aan­slag in Vinkel & Koljander, en in Julie word dit opgevolg met Hotel, wat geskep en geskryf is deur ’n baie talentvolle nuwe span, Bennie Fourie en Stian Smith. Wat drama betref, kan ons tans verdiep raak in die ingewikkelde maar baie relevante wêreld van Deon Opperman se Fluiters, en in Julie is dit die beurt van ’n splinternuwe speurreeks, Die Byl, wat ons vir negentig minute gaan laat wonder: Wie het dit gedoen? Op kykNET Films is verskeie nuwe flieks te sien wat jy dalk nie op die teaterkringloop kon inpas nie. Hoogtepunte om na uit te sien sluit in Joost: Spel van Glorie, Strikdas, Die Pro en Hollywood in my Huis. Moenie vergeet van die Silwerskermfees-inskrywings vir ons ope afdeling nie. Die fees word van 24-28 Augustus by die Bay Hotel in Kampsbaai, Kaapstad gehou. Suidooster, Getroud met Rugby en Binne­ landers sorg elke dag vir ’n goeie dosis intrige, en nou is daar baie goeie nuus in ons sepiewêreld – ná vele versoeke van ons kykers gaan Suidooster van Julie af vier keer per week uitgesaai word! Later vanjaar is daar die wonderlike voor­ uitsig van Varsity Sing – ons kompetisie vir intervarsitykore waar 12 universiteite sake gaan uitspook. Die plan is om dié nuwe kompetisie ’n jaarlikse instelling te maak – meer hieroor in ons volgende uitgawe. Vanjaar is ook die jaar van munisipale verkiesings, en ons beloof om ons kykers akkuraat en onpartydig met ons aktuali­ teitsaanbod ingelig en op die hoogte te hou van al die belangrikste nuusgebeure. kykNET&kie (Kanaal 145) gee ons die geleentheid om van ons gunsteling-drama­ reekse en flieks te sien, en daar kom ’n nuwe fokus op kinderprogramme soos die geliefde Heidi. kykNET NOU! kry die geleentheid om die M-Net-sangkompetisie The Voice uit te saai, en almal wat dit nie op Premium kon volg nie, sal nou die geleentheid kry om dit te geniet. kykNET ondersteun graag groot gebeur­te­ nis­se, en dié winter gaan maak ons ’n draai by die Vrystaatfees, Innibos en Kamers Vol Geskenke. kykNET weet maar alte goed die ekonomie knyp, en daarom is dit vir ons belangrik om elke oomblik van kyktyd ’n spesiale ervaring vir ons kykers te maak. Geniet dit saam met ons! 3 2016 | UITGAWE 2 | kykNET