kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 29

Suidooster | Het jy enige eienskappe van jou ma? Ek dink my ma is ’n goeie mengsel van kreatief en analities, en ek glo ek het dit van haar geërf. Watter invloed het jou ma op jou lewe? Al bly ek en my ma nie in dieselfde provinsie nie, is sy elke dag by my, in my agterkop, besig om my op die regte pad te hou. My ma glo ’n mens moet altyd jou instink vertrou – ek probeer vol­ gens daardie uitkyk lewe. Indien jy self ’n ma was, wat sou jou drome vir jou kinders wees? Dat hulle baie geleenthede sal kry om te reis, en dat hulle sal besef die enigste manier om deur die lewe te kom is om opreg te wees. Hoe lyk die ideale Moedersdag vir jou? ’n Woody Allen-fliek by die Brooklyn Cinema Nouveau en ’n sjokolade-martini ná die tyd by Tribeca. Dié ritueel is al jare lank ’n tradisie vir my en my ma. Wie, behalwe jou eie ma, sou jy as ’n ma wou hê? Ek kan my glad nie voorstel dat enigiemand anders behalwe my regte ma met my wispul­turige geaardheid en snaakse idees sal kan cope nie. As jy aan die woord “ma” dink, wat is die eerste woord wat by jou opkom? Flambojant. Wat is jou gunsteling-herinnering van jou ma? Toe ek nog op laerskool was, het ek en my ma amper elke dag vir ons elkeen ’n koppie swart tee gemaak en om 17:00 voor die televisie gaan sit om Days of Our Lives te kyk. Ons het altyd probeer voorspel wat volgende gaan gebeur. En toe ek ’n bietjie ouer was, het ’n glasie Old Brown-sjerrie die koppie tee vervang. Van links is Greta, haar ma, Elna, en haar twee broers, Ben en Cobus, tydens ’n vakansie in Mauritius. Suidooster word op Maandae, Dinsdae en Woensdae om 18:00 op kykNET en kykNET&kie uitgesaai, met ’n herhaling op daardie aande om 20:00 op kykNET&kie. Klik hier vir die Suidoostertemaliedjie, gesing deur Alistair Izobell. 29