kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 27

Suidooster | Denise saam met haar ouers, Robert en Noreen Newman. Het jy enige eienskappe van jou ma? Ek wil sê nee, want sy is die matriarg: sterk en vasberade. Sy het ons almal beheer en ons lewe gereël. Dit was koesterend toe ons kinders was, maar as volwassenes het dit kloustrofobies geraak. In sekere opsigte het ek haar vermoë geërf om familie­byeenkomste te reël. Dis altyd warm en koesterend. Watter invloed het jou ma op jou lewe gehad? Sy het ons altyd laat glo enigiets is moontlik. Tussen die vyftigs en tagtigs, toe die lewe onseker was, het sy my laat glo ek kan enigiets doen en wees wie ek wil. Wanneer het jy jou ma die kwaadste gemaak? Wanneer ek nie eerlik was nie. Sy het my geleer om altyd die waar­ heid te praat. Sy het altyd gesê dat jy net jou lewe kompliseer deur te lieg. Wat is jou drome vir jou kinders? Ek is ’n ma en glo dit is belangrik om jou kinders te leer hulle is die beste, ongeag wat hulle kies om te doen. En om ubuntu uit te leef, want ons deel hierdie planeet – en sonder jou medemens is jy niks nie. Hoe lyk die ideale Moedersdag vir jou? Bo: Denise se ma, Noreen Newman. Dit maak nie saak hoe of waar nie: Die belangrikste is om dit met jou gesin te deel. Wie, behalwe jou eie ma, sou jy as ’n ma wou hê? Niemand sal my ma se skoene kan volstaan nie. As jy aan die woord “ma” dink, wat is die eerste woord wat by jou opkom? Veiligheid. Links: Denise se ouers, Robert en Noreen Newman. Wat is jou gunsteling-herinnering van jou ma? Haar hoenderbredie – ek kan dit nou nog nie maak soos sy nie. My ma is in Junie 1999 in die ouderdom van 65 oorlede. Ek mis haar nog elke dag. Het jy enige eienskappe van jou ma? Ons het albei sterk beginsels en standaarde en baklei vir dít wat ons wil hê. Ons is baie deeglik en presies met alles wat ons aanpak. Ek het ook my musiektalent en kreatiewe gees by haar geërf. Stock image verskaf deur www.inimage.com Watter invloed het jou ma op jou lewe? Die beste raad wat sy my gegee het, is om enige struikel­ blok tyd te gee: Dinge sal mettertyd uitwerk presies soos dit moet. Sy sal altyd die een wees na wie ek sal gaan as ek raad of net ’n oor nodig het om te luister. Sy is nie gesond nie, maar hanteer haar probleme met soveel grasie en aanvaarding dat ’n mens nie anders kan as om geïnspireer te voel nie. Wanneer het jy jou ma die kwaadste gemaak? My ma raak nie vinnig kwaad nie. 27 Simone Biscombe en haar ma, Colleen Biscombe. 2016 | UITGAWE 2 | kykNET