kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 26

| Suidooster

Suidoosters sê wat maak Ma spesiaal

Op 8 Mei is dit Moedersdag . Van die spelers in Suidooster vertel hoekom hulle ma ’ s spesiaal is .
Het jy enige eienskappe van jou ma ?
Ek dink ek is nogal baie soos sy , ja . Ek dink ek het haar sin vir humor en lewenslus geërf , maar dalk ook ’ n bietjie van haar oorversigtigheid . Ek probeer vir my seun , James , ’ n ma wees soos sy vir my en my sibbe is .
Watter invloed het jou ma op jou lewe ?
Sy ' t ’ n baie groot invloed op my lewe . Ek gaan na haar toe met my issues en probleme , maar ook met my vreugdes . My ma weet presies hoe om op die grens te loop tussen vriendin en die een wat dissiplineer .
Wanneer het jy jou ma die kwaadste gemaak ?
Seker maar toe ek as tiener die deur toegeklap en my musiek hard geluister het . Ek en my ma het ’ n baie oop kom munikasiekanaal . As sy kwaad is vir my , sê sy so – en ek doen presies dieselfde .
Wat is jou drome vir jou kinders ?
Dat hulle met ’ n tipe tong-in-die-kies-uitkyk deur die lewe gaan .
Dat hulle altyd sal lag . Maar veral dat hulle die Here ken en in sy waarheid sal groei .
Hoe lyk die ideale Moedersdag vir jou ?
Tyd saam met my kind , my gesin en , indien moontlik , ook my ma .
Wie , behalwe jou eie ma , sou jy as ’ n ma wou hê ?
My sussie , Michelle . Sy is my kind se peetma en ’ n gebore mamma .
As jy aan die woord “ ma ” dink , wat is die eerste woord wat by jou opkom ?
Liefde .
Wat is jou gunsteling-herinnering van jou ma ?
Hoe sy altyd ’ n manier kry om my so te laat lag dat ek voel ek gaan omkrul van die maagpyn . My ma het my al laat lag – soms onwetend en soms doelbewus – dat die trane rol . Ek het baie herinneringe in spreekkamers , winkels en in die verkeer saam met my ma waar ek my asem moet terugkry en myself compose . Sy ' s baie fun , ek love haar .
26
Desiré Gardner en haar ma , Desiré Manthey , op haar troudag .