kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 25

Vlerksleep | oppervlakkige beskrywings dalk ’n projeksie van ’n oppervlakkige stelsel?” Gestel jy is reeds in ’n verhouding met iemand en jy kom glad nie met die familie of vriende oor die weg nie … “Jy moet bepaal watter rol die betrokke familielid en/of vriend in jou lewe gaan speel,” sê Irene. “Indien dit een of twee mense is met wie jy nie oor die weg kom nie, kan jy nog met jouself onderhandel en sê jy sal uit hulle pad bly. Indien dit die hele boksemdais is, is die kans skraal dat die verhouding kan werk, want jou maat hou dalk van almal en verwag van jou om dieselfde te doen. Indien dit nie vir jou werk nie, klim op jou fiets en laat spaander!” “ ’n Verhouding waar jy met die persoon se naastes klaarkom, het ’n groter kans op oor­le­wing,” sê Marleen. “Dis nou as die par­ tye in die verhouding gelukkig en vervuld is en nie afhank­lik van die ander persoon of die verhouding self is om ’n ervaring van bete­kenis­ volheid te kry nie.” Die 3 pilare van ’n gesonde verhouding “ ’n Gesonde verhouding is soos ’n driepoot­ potjie wat deur ’n liefdesvlam aangevuur word en wat staan op ’n gesonde balans tussen ’n ons, ’n jy en ’n ek. Die ons-gedeelte bevestig dat ons bymekaar wil wees, dat ons vrywillig in die verhouding is, dat ons mekaar sal liefhê en respekteer, dat ons mekaar se behoeftes in ag sal neem, dat ons sal luister na die ander se verwagtinge en begeertes, en dat ons gesonde interaksie sal hê. “Die jy-gedeelte bestaan uit die wete dat jy ’n lewe het wat van jou maat verskil, en dat julle sal verstaan as die een persoon so nou en dan iets sonder die ander een wil doen. “Die ek-gedeelte bestaan uit die ruimte wat jy vir jouself skep vir die uitlewing van jou unieke persoonlikheid en dat jy sal tyd afstaan aan iets wat jou siel verkwik sonder om skuldig te voel.” – Dr. Irene Strydom “Die drie belangrikste pilare is kommuni­kasie, ruimte en vertroue en onvoorwaardelike aan­­ vaar­ding van die self en ander.” – Dr. Marleen de Villiers Vlerksleep Vlerksleep word vanaf 4 Julie 2016 om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. 25