kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 22

| Koekedoor Wilandi Esterhuizen Net soos haar ouma is Wilandi, ’n Port Elizabethse argitek, ’n raakvatter in die kombuis. Sy is die bekendste vir haar sjokolade-brownies en kaneelringe. Ook haar twee spruite is kranige bakkers. Wilandi draf graag – nie omdat sy ’n fiksheidsfanatikus is nie, maar omdat sy so lief is vir gebak. “Bak is my manier om my kreatiwiteit uit te leef en deur die ontwerp ’n ekstra dimensie daaraan te gee. Dit plaas my in ’n wêreld waarin ek kan droom en speel, en wanneer ek dit vir mense doen, is die reaksie op die resultate ’n groot beloning.” Sy doen graag keramiek- en mosaïekwerk en droom daarvan om haar eie koffiekuierplek te hê. Kanya Hunt Kanya is ’n dieetkundige en gesoute troukoekbakker van Melkbosstrand, en veral bekend vir haar noukeurige sjokoladewerk. Sy was vier toe haar ma haar die eerste keer laat saam bak het – sy onthou nou nog die pienk koek met die pienk versiersel. Vandag nog bak sy elke dag koek, en in 2003 is sy aangewys as Galliova se kosskrywer van die jaar. In haar vrye tyd hou sy van draf en fietsry, “want dan kan ek meer koek eet!”. “Dis in my wese. Ek droom oor koek en koekgoeters en raak obsessief oor mooi koekgoed. Moeilike koekgoed, maklike koekgoed, alle koekgoed. Dis my manier om in ’n mate kuns uit te beeld.” Corli Botha Corli is ’n kranige entrepreneurbakster. Terwyl sy en haar rugbyspelerman in Frankryk ge­woon het, het sy die kans benut om verskeie Franse fyngebaktegnieke aan te leer. Haar familie kan nie genoeg van haar swartwoudkoek kry nie. Haar liefde vir bak het dié Pretorianer van haar ouma Corrie gekry. “Bak het my nog altyd laat goed voel en dis fantasties wanneer ek die eindresultaat sien. Daardeur kan jy uiting gee aan jou emosie, dit stimuleer jou sintuie, dis kreatief … en natuurlik gee dit jou die plesier om iemand te bederf.” Wanneer sy wil asemskep, geniet Corli graag die buitelewe. Anja is ’n energieke boervrou van die Bapsfontein-distrik wat al die Comrades-marathon vol­tooi het. Sy meen sy is die bekendste vir haar makrolletjies (macaroons), koeke en kol­wyn­ tjies, en bedryf Mmmmacarons, ’n besige bakonderneming saam met haar suster Charlene. “Ek het altyd my ouma in Groot-Marico in die kombuis gehelp. Ek kon ure lank haar hande dophou en kyk hoe sy met niks iets kon maak. Bak beteken vir my om iets te skep, en ek hou daarvan om mense se gesigsuitdrukking dop te hou as hulle iets proe wat ek gebak het.” Klik hier vir ’n voorskou van Koekedoor op 5 Mei. 22 kykNET | UITGAWE 2 | 2016 Koekedoor is Donderdae om 20:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) te sien. Stock image verskaf deur www.inimage.com | Illustrasie verskaf deur www.freepik.com Anja Bands