kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 20

| Koekedoor KOEKEDOOR … Hier is die finaliste! Die tweede reeks van Suid-Afrika se eie gewilde bakprogram het afgeskop en dié slag is dit nege bobaasbaksters en een bakker wat sake in die Koekedoor-kombuis gaan uitspook. Wessels van Vuuren Die enigste haan onder die Koekedoor-henne kom van Simonstad en hy bak so tussendeur twee ander beroepe: Soggens is hy klerk by die balju, en saans speel hy kelner. In sy eie kombuis is hy bekend vir sy dadelpoeding en roompoffertjies. “Bak is die vinnigste manier om my kreatief uit te leef – ek kan binne 15 minute iets lekkers en moois op die tafel hê. Ek bak ook omdat die kragtigste deel van ’n mens se herinneringe met jou smaak- en reuksintuig te make het. Ek bak om mense vir wie ek lief is deur hulle resepte te laat voortleef, en laastens bak ek om beheer te hê oor wat ek in my en my mense se lyf sit.” Hy het lank in Brittanje gewoon en net voor die oudisies teruggekeer na Suid-Afrika. Hy droom daarvan om eendag ’n tuin vir die Chelsea-blommeskou te ontwerp. Sanet Eigelaar Sanet is van Saldanha en het oorspronklik begin bak om haar en haar man se troufonds te stu. Maar die gogga het gebyt en vandag bedryf sy haar eie koffiewinkel, Cup of Cake, waar klante veral vir haar rooifluweelkoek-kolwyntjies toustaan. Sy glo jy kan nie bak sonder ordentlike panne nie, dis nou soos die spesiale kolwyntjiepanne wat oom Ockie Carstens vir haar gesweis het. “Bak is my werk en my stokperdjie. Dis deel van my DNS en ek kry onttrekkingsimptome as ek nié kan bak nie. Dit laat my kreatief voel, want ek skep iets uit eenvoud. En ek is in my eie wêreld voor die stoof. Dis kos vir die siel én die lyf.” Haar raad is eenvoudig: “As jy lus is om iets te doen, bak. As jy bly is, bak. As jy hartseer is, bak. As jy moeg is, bak. As jy nie meer weet nie, bak!” Sanet is ook lief vir lees, tuinwerk en die restourasie van ou meubels. Martie Lamprecht Martie is ’n afgetrede verpleegster van Bloemfontein wat leef vir bak. Sy doen dit al 40 jaar en haar koeksisters en aartappelsuurdeegbeskuit laat haar man en hulle kleinkinders se mond water. Sy’s ook ’n naaldwerkster van formaat en hou daarvan om te onthaal en kreatiewe tafels te dek. “Bak laat my goed voel en van alles vergeet. Ek dink ’n mens moet net begin en selfvertroue kry om rustig te bak en dit te geniet.” Martie is die tweede Koekedoor wat huis toe gestuur is. 20 kykNET | UITGAWE 2 | 2016