kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 17

Wat sê aanhangers die meeste as hulle met hom praat ?
1 . Wat beteken “ Gums Kawielie Wams ”? 2 . Waar is jou broer ? 3 . Wanneer is jou volgende show ? 4 . Waar ’ s dit lekker ? 5 . Waar ’ s jou nannas ? 6 . Ek het jou DVD gesien en dit baie ge-like .
7 . Ek het ’ n pirate-DVD van jou gesien en love dit .
Emo se gunsteling-gehore
“ Almal , maar veral die klein dorpies om dat hulle so uitge hon ger is vir vermaak . Uniondale en Calvinia en Albertinia . Mense wat agter teen die mure staan en in die gangetjies sit . Elke gehoor is eintlik my gun steling , want elkeen is ’ n uitdaging . Ek weet nie voor die tyd wat ek gaan sing nie . Ek stap op die verhoog , lees die gehoor en kyk na die energie – en dan doen ek my ding .”
Hennie van Greunen onthou …
In 2006 vra Huisgenoot vir ons om ’ n rondreisende konsert saam te stel vir sy 90ste verjaardag . Ons gebruik sangers wat ons weet ’ n verskeidenheid musiek kan baasraak en wat ’ n strawwe toer skedule kan han- teer – mense soos Jolette Odendaal , Ghapi , Bianca le Grange en Suzanne . Ons kry ook twee jong sangers : ’ n onbekende Bobby van Jaarsveld en ’ n jong Kaapse sanger wat in daardie stadium in Johannesburg werk aan ’ n Bollywood-musiek blyspel : Emo Adams .
Min weet ek en Pedro dat ons hom al albei gesien het : as jong seun in District Six : The Musical en in Kat and the Kings .
Emo op die stel van Jou Show .
Emo Adams |
Nie net het hy ’ n heuningstem wat enigiets van swing en pop tot by volks liedjies kan baasraak nie , maar hy bied telkens ’ n oplossing . Laat ek verduidelik : Ons het iemand nodig wat ’ n briljante dans sek wensie kan doen . Wie ? Emo . Okei , hier is ’ n song wat vir ’ n massiewe vokale range vra . Wie ? Emo . Die komedie is belangrik in dié deel – wie kan dit doen ? Emo ...
Die tiende seisoen van Jou Show is Maandae om 20:00 op kykNET ( DStv-kanaal 144 ) te sien .

*

Stock image verskaf deur www . inimage . com
* gedurende spitstyd