kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 15

Deon Opperman | Hoewel dié reeks heeltemal anders is as sy vorige werk, is daar een tipiese Deon Oppermankenmerk: Dis geskryf vir die gehoor. “Ek wil hê die kykers moet saam met die karakters op reis gaan en dan sê: ‘My maggies!’ ” geskryf het nie. “Die hele span was onder enorme druk,” sê hy oor die filmspan vir Fluiters, en lag ’n stoute laggie, amper soos ’n propperse booswig. “Ek het dit geskryf soos ek dit sien: As ek wou hê hulle moet hard­loop, dan het ek hulle laat hardloop. As ek wou hê hulle moet onder die straat in ’n drein wegkruip, dan het ek dit so geskryf. As ek wou hê ’n kar moet ontplof, dan het ek die kar laat ontplof. Die span moes self uitwerk hoe om dit te skiet. En dis nie maklik nie!” Hy het behoorlik laat looi, want hy het die volste vertroue in Jozua Malherbe, die regisseur met wie hy altyd saamwerk. “Hy deliver altyd en hy is goed met akteurs. Hy het die vermoë om onder geweldige druk en teen ’n spoed te werk.” Deon sê hy het geen behoefte om die regie van so ’n reeks te behartig nie. “Die vroeë oggende is te veel soos die army. Ek laat dit alles aan Jozua oor. Hy het hierdie keer self geskiet én die regie behartig. Ek ver­trou hom en ons vul mekaar goed aan. Ek droom oor woorde, hy droom oor beelde. Ek post quotes, hy post foto’s. Hy kyk na die wêreld deur ’n lens.” Deon het 13 weke lank aan die reeks geskryf – een episode