kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 11

Wie is wie? | Dirk Els David Pietersen Wayne van Rooyen David is ’n IT-spesialis met ’n honneurs­graad in rekenaarwetenskap. Hy is dis­k­reet, logies, metodies en het hope selfver­troue. Hy kan egter oorsensitief en selfbe­jammerend wees. Hy het ’n vlym­skerp brein en kan probleme analities oplos. David is ’n intellektueel wat daarvan hou om probleme te takel. Hy verkies om met mense te meng wat hom intellektueel stimuleer en beskou die lewe as ’n skaak­ bord wat genavigeer moet word. Hy is ’n perfeksionis wat baie hoë eise stel, en by die werk kan hy innoverende oplossings vir probleme bewerkstellig. David is ’n alkoholis wat nie in ’n opper­ wese glo nie. Hy het met akade­miese beurse gestudeer en is al vier jaar ’n alleen­loper. Wanneer hy sy werk verloor, is drank vir hom ’n oplossing. Hy is intuïtief en ver­staan mense. Hy sal hom beywer vir dit waarin hy glo. Neels van Jaarsveld Dirk het nie formele opleiding gehad nie, maar is baie vaardig wanneer dit kom by reke­­naars. Hy ken rekenaarprogramme soos Python, VBA en Tkinter, en kan netwerkstel­ sels impli­men­teer. Hy is onaf­hanklik, vry­­ge­ wig, entoesiasties en dap­per. Sy swak karak­ te­r­­eien­­skappe is dat hy dominerend kan wees en vinnig sy humeur kan verloor. Hy is ook ongedul­dig en impulsief. Dirk is gereeld die lewe van die partytjie en het ’n goeie sin vir humor. Hy is lief vir aksie en avontuur en hou kop in nood­situasies. Ná matriek het Dirk vir ’n paar jaar deur Europa en Suid-Amerika