kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 10

10 Rudolf (Rudi) du Preez Sandra (Sandy) Roos Jacques Bessenger Marisa Drummond Rudi is die baas van Mzanzi Digital Strategies. Hy is diplo­ma­ ties, konserwatief, ’n idealis en ’n vredebewaker. Hy vertrou mense nie maklik nie en kan besluiteloos wees. Rudi was die topstudent in die jaar toe hy sy M.B.A.-graad be­haal het, maar is nie goed met sy persoonlike finansies nie. Hy sukkel gereeld met hoofpyne en een van die dinge wat hy in sy vrye tyd doen, is om TV-reekse te kyk. Hy kan homself in ander mense se skoene plaas en dit is vir hom belangrik om in vrede en harmonie met ander te lewe. Hy is intelligent en lief vir die luukse dinge in die lewe. Rudi is ook ’n goeie luisteraar en gee om vir ander mense. Hy en Sandy is verloof. kykNET | UITGAWE 2 | 2016 Sandy is die hoof van bemarking by die maatskappy. Sy is lojaal, kalm, passievol en dinamies. Haar swak punte is dat sy versigtig, manipulerend en obsessief kan wees. Sy weet waar haar plek in die lewe is en sy stel hoë eise aan haarself en die mense om haar. Sandy is ’n harde werker wat aandag gee aan detail. Jy kan altyd op haar vertrou om ’n taak te voltooi. Sy is prakties en sonder draad­ werk en hou nie daarvan as al die aandag op haar gevestig is nie. Sandy was onderhoofmeisie op hoërskool en finansiële seker­ heid is vir haar belangrik. Wanneer sy dinge doen, doen sy dit 100% – van haar werk tot die aansitetes wat sy hou. Sy hard­loop ook elke dag 10 km. Die een mens vir wie sy baie respek het, is Rudi. Haar kollegas sien haar as ’n beheervraat en iemand wat amper té ambisieus is, maar vergewe haar omdat hulle besef dit is hoe sy veilig voel.