kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 43

Wyn en reis is goeie bedmaats

Sediment is terug vir ’ n tweede reeks , en kykers gaan weer hulle lippe aflek vir die wyn en reiservarings in dié reeks .
Navorsing het gewys vroue is die grootste wyn kopers in die land . Dink jy daar word genoeg gedoen om wyn aan hulle te bemark ?
Vroue het beslis die grootste koopkrag en ek dink bemarkers moet hulle veel meer op vroue toespits .
Enige stokperdjies ?
As kosmaak ’ n stokperdjie is , is dit beslis een van myne . Ek hou ook daarvan om dinge te ontdek . Noem my maar ’ n ontdekkingsreisiger .
Illustrasie verskaf deur wwwfreepik . com
JP Quickelberge
Die Amerikaanse komediant W . C . Fields het gesê : “ Ek kook met wyn … en soms be land dit selfs in die kos .” Suid-Afrika is nie net geseën met van die wêreld se beste wyn nie , maar is ook een van die mooiste reisbestemmings ter wêreld . En dis presies dié kombinasie wat te sien is in die leefstylprogram Sediment . Ons het die aan bieder en vervaardiger van die program , JP Quickelberge , uitgevra .
Waar kom jou liefde vir wyn vandaan ?
Ek het nog altyd belang gestel in wyn , maar my ware liefde daarvoor het agt jaar gelede begin toe ek by die wynlandgoed Clos Malverne by Stellenbosch begin werk het . Daar het ek besef hoe uiteenlopend Suid-Afrikaanse wyn is .
Wat is jou gunsteling-wyn ?
Ek hou van ’ n groot verskeidenheid wyn , maar geniet veral shiraz , cabernet sauvig non en pinot noir . Ek moet sê my gun steling is beslis die eg Suid-Afrikaanse pino tage .
Glo jy witwyn moet saam met witvleis en rooiwyn saam met rooivleis geniet word ?
Glad nie . As jy dit so verkies , dan is dit jou
keuse , maar volgens my is almal se smaak net te verskillend .
Hoe maak jy van iemand ’ n wyndrinker ?
Ek dink nie dis moontlik nie , maar ek dink wel almal is diep in hulle hart wyn - liefebbers . Jy moet net jou gun ste ling-wyn ontdek . Proe , proe en proe nog maals .
Wat is taboe as dit by wyn kom ?
Wyn kom al ’ n lang pad saam met die mense – sedert 6000 v . C . – en êrens sal ’ n taboe of wat insluip . Ek sal nie almal kan opnoem nie .
Hoe vergelyk Suid-Afrikaanse wyn met dié van die buiteland ?
Die Suid-Afrikaanse wynbedryf is tans een van die wêreld se tien voorste wyn pro du sente as dit by gehalte kom . Ons het in 2015 weer bewys watter topklas-wyn makers ons het toe Abrie Beeslaar van Kanon kop as die Wynmaker van die Jaar aan gewys is by die Internasionale Wyn-en-spiritualieëkompetisie in Londen .
Is jy ’ n wynsnob ? Ek is ’ n wynliefebber , en nié ’ n wynsnob nie . Over geset synde : “ I ’ m a lover , not a hater .”
Hoe lyk jou gunsteling-maaltyd ?
’ n Klompie vriende om ’ n tafel met ’ n paar goeie Suid-Afrikaanse wyne en eg Suid- Afrikaanse kos – bobotie met ’ n swaar gehoute chardonnay , shisa nyama met ’ n goeie shiraz … en hoe kan jy verkeerd gaan met pinotage , braaivleis en rugby ?
Watter wynstreke moet Suid-Afrikaners dop hou ?
Suid-Afrika is ryk aan wynstreke wat baie besoekers lok . Die wynstreke wat dees dae vir my uitstaan , is Robertson-Breedekloof , die Weskus en Agulhas .
Wat is die nuwe wyntendense ?
Die Suid-Afrikaanse Méthode Cap Classique-wyne ( of dan MCC ’ s ) raak sterker en mededingender in die wêreld mark , en al hoe meer wynplase maak ’ n vonkelwyn of MCC . Daarom waardeer al hoe meer mense dit ook .
Sediment is Woensdae om 17:30 op kykNET ( DStvkanaal 144 ) te sien .
43
2016 | UITGAWE 2 | kykNET